Publications

straatwerk

Kokosneute, haai-aanvalle en ons persepsies

straatwerkHet jy geweet meer mense sterf jaarliks aan vallende kokosneute as aan haai-aanvalle? Regtig! Die haai-navorser, George Burgess, het bevind dat gemiddeld 150 mense jaarliks sterf vanweë vallende kokosneute, wat 15 maal meer is as diegene wat jaarliks wêreldwyd aan haai-aanvalle sterf. Haai-aanvalle haal egter altyd die nuus. Mense kry angsaanvalle oor die ou bekende fliek “Jaws”. Maar niemand sal ‘n fliek ernstig opvat met ‘n titel soos “The Killer Coconut Tree” nie.

Ons lewens bestaan daagliks uit persepsies – byvoorbeeld, tieners is selfbehep en volwassenes is outyds en verstaan hulle nie (Die Time tydskrif se voorblad praat van die “me me me generation”). Dink gou vir ‘n oomblik aan die eerste persepsie wat in jou gedagtes opkom.

Kokosneute, haai-aanvalle en ons persepsies Read More »

shroud2112

Turynse Doodskleed dalk eg, sê navorsers

shroud2112DEN HAAG. – Die beeltenis op die sogenaamde Turynse Doodskleed, waarin die lyk van die gekruisigde Jesus volgens oorlewering gewikkel was, kon net deur ’n kort, intense uitbarsting van ultraviolet-straling veroorsaak gewees het.

Die kleed kan onmoontlik ’n Middeleeuse vervalsing wees, soos sommige sê. Dit kan moontlik eg wees.

Kort voor Kersfees is dít die versigtige bevinding van ’n groep Italiaanse wetenskaplikes ná jare se navorsing en eksperimente. Hulle werk by die Italiaanse nasionale agentskap vir nuwe tegnologieë, energie en volhoubare ekonomiese ontwikkeling.

In 1988 het ’n ander groep wetenskaplikes enkele rafels van die kleed aan koolstof-40-toetse onderwerp en bevind dat dit van tussen 1260 en 1390 dateer. Dié gevolgtrekking is daarna bevraagteken op grond daarvan dat die rafels deels afkomstig was van Middeleeuse herstelwerk aan die kleed ná ’n brand.

Turynse Doodskleed dalk eg, sê navorsers Read More »

001

Chilean Volcano

Thousands fleed their homes and flights were grounded as Chilean volcano sends plumes of ash showering down. The Chilean volcano which erupted in July 2011 has sent a towering plume of ash across South America, forcing thousands from their homes, grounding airline flights in southern Argentina and coating ski resorts

Chilean Volcano Read More »

straatwerk

Heilige oomblikke tussen die rotte…

straatwerkPeter (alias the Pope) het ses jaar gelede die Here Jesus ontmoet en het verander van ‘n amper sewentigjarige, humeurige man wat fout vind met alles, in ‘n man met ‘n roeping. Die Here het hom geroep om te bid vir ongebore babas wat hulle weg vind na aborsieklinieke. Die afgelope jaar het hy ‘n paar maal per week voor die aborsiekliniek in Breëstraat, Kaapstad, gaan bid. Met Paasfees om die draai, het Peter beleef dat die Here hom roep om vir die 40 dae voor Paasfees, elke dag vanaf middernag tot nege-uur die volgende oggend die kliniek te gaan bid. Peter is ons buurman en elke aand, klokslag om 23:30, word sy rooi Uno (hy noem dit God’s Ferrari) se neus na die stad se kant toe gestuur.

Die afgelope Vrydagnag het ek en vier engele van Tafelsig in Mitchellsplein net voor een-uur in die nag saam met Peter gaan bid. Die een tannie was op haar knieë en die ander een se trane het van haar wange af gerol. Die uitroepe om lewe het weerklink deur die strate en op daardie oomblik het ek geweet dat ons God in die hemel ons gebede hoor. ‘n Heilige oomblik.

Heilige oomblikke tussen die rotte… Read More »

egskeiding0305

Egskeiding: Is Daar ‘n Christen-alternatief?

egskeiding0305As regspraktisyn het ek gemiddeld vier na vyf egskeidings maandeliks deur die hofstelsel ‘geprosesseer’. Dit het gewoonlik met soveel seerkry en bitterheid gepaard gegaan en dit was een deel van die regspraktyk wat my die meeste bekommer het omdat dit selde, indien ooit, enige probleem opgelos het. Dit was asof mense net eenvoudig een stel omstandighede vir ’n ander wat nog minder geskik was, verruil het.

Ons weet almal dat dit baie maklik is om deesdae in ons howe ’n egskeiding te verkry

Al wat jy nodig het om te doen, is om ’n verklaring by die hof in te dien dat jou huwelik onherstelbaar verbrokkel het en die hof sal dan die egskeidingsbevel toestaan. Jy behoort jouself egter af te vra: Het my huwelik in God se oë werklik verbrokkel? Mag die mens werklik skei dit wat God saamgevoeg het? Almal begin die huwelik met die idee dat hulle nooit gaan skei nie en hul maats gaan liefhê ‘tot die dood ons skei’.

Egskeiding: Is Daar ‘n Christen-alternatief? Read More »

Christene behoort nie fees te vier, sê kerkleiers

PRETORIA. – Christene behoort nie fees te vier oor die dood van ’n ander mens nie – selfs al is dit Osama bin Laden.

Dié boodskap is gister van verskillende kante af die wêreld ingestuur nadat die nuus oor Bin Laden se dood gelei het tot feesvieringe buite die Wit Huis in Washington en in New York waar die aanvalle van 11 September 2001 plaasgevind het.

Die Wêreldraad van Kerke het twee Bybeltekste via Twitter uitgestuur. Spreuke 24:17 sê: “Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie.”

Esegiël 18:32 lui: “Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,’ sê die Here my God, maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”

By albei tekste het die Wêreldraad bygevoeg: “Bid vir vrede en geregtigheid.”

Christene behoort nie fees te vier, sê kerkleiers Read More »

Scroll to Top