• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
’n Bloemfonteinse man wat gedink het hy het die verkeerde roete gery, was eintlik op die regte pad om ’n bekende sakeman in die stad se lewe te red. Mnr. Deon van Jaarsveld, ’n bemarker van mediese toerusting, sê hy het gister in spitsverkeer op ’n warboel by die verkeerslig op die hoek van Eerste Laan en Parkweg afgekom. Hy was op pad na ’n afspraak in die stad en het ’n straat misgery. Van Jaarsveld sê hy weet nie hoekom nie, maar hy het die verkeerde pad gery en iets het vir hom gesê...

Read more: Spanpoging red sakeman

Vergewe ’n Jong man het gister vry en met “ ’n tweede kans”PRETORIA. – uit die Pretoriase streekhof gestap nadat sy slagoffers hom vergewe en saam met hom gebid het en die saak teen hom teruggetrek is. Mnr. James Baloyi (20) is van ’n ernstige rooftog en poging tot moord aangekla nadat hy in Maart verlede jaar twee vroue in ’n huis in Erasmuskloof, in die ooste van Pretoria, aangeval en beroof het. Hy het mev. Esther Makgoba, die huiswerker, met ’n mes gesteek. Mev. Bertha Pretorius...

Read more: Slagoffers vergewe rower; saak teruggetrek

“DIE Here het ’n plan met my lewe, anders sou ek nou dood gewees het,” sê die Bloemfonteinse man wat deur die dood in die oë gestaar is toe hy ’n skilpad wou red. Mnr. Dawie Beukes (33) van Waverley het die gebruik van sy linkerarm verloor in ’n ongeluk in die Noord-Kaap, maar sê hy gaan nie dat sy noue ontkoming hom onderkry nie en wil die lewe van ander mense positief verander. “Daar is baie mense wat beseer is in ongelukke. Ek was amper dood, maar ek gaan nie op ’n hopie sit nie. Ek gaan...

Read more: ‘Ek sal weer stop om ’n skilpad te red’