• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

junkieEk wil my storie begin deur om vir julle te vertel wat my agtergrond was voordat ek met dwelms begin het. Nie om te brag of om groot te praat nie. Net om vir julle 'n idee te gee dat dit met enige iemand en met enige persoon, ek bedoel regtig dit kan  met enige iemand gebeur. Maak nie saak wie of wat jy is nie. Ek het baie vriende gehad en ek het meestal met almal goed oor die weg kom. Ek het gemiddeld op skool gedoen en het Cravenweek rugby gespeel. Ek het ouers wat definitief van die beste ouers ter wêreld is, MAAR ek het dinge te veel as vanselfsprekend begin aanvaar. Ek kom uit 'n baie liefdevolle huis en vandat ek kan onthou het my ouers my van Jesus vertel en van hoe lief Hy my het. My ouers het ook nie nonsense gevat nie.  Maar toe ek na skool Londen toe is, het die dwelms erg begin raak. Ek het al op skool in Graad 9 begin dagga rook en gedink dis niks, want almal doen dit. En met almal bedoel ek weereens ALMAL. En ja 'n mens dink jou kind is in 'n goeie skool en ja hulle is, maar dis by die kinders in die skool waar die probleem lê. Dit gebeur selfs in my skool , Hugenote Hoërskool, die skool op waarop ek tot vandag toe nog baie trots is. Kinders deal dwelms in ons skole. Sommer hier in ons pragtige dorp Wellington. Ek was by onskuldige "house parties" en op die ou einde van die aand was ons almal lekker dronk  en het niemand meer omgegee nie dan het ons dagga gerook. Net omdat dit so alledaagse ding geword het. Maar dis nie waar dit gestop het nie. Dit was eers net naweke en toe deur die week en later elke dag.

Toe ek in Londen was met geen ouers wat vir my gaan sê wat om te doen en wat om nie te doen nie, het ek met chemicals, jou meer hardcore drugs begin. Eers met cocaine en ecstacy.  Toe ek terug kom in Wellington het ek van die dwelm tik of crystal meth gehoor en dit toe een aand gerook. As ek maar net geweet het dat een aand al lankal een te veel is. Dit is hoe verslawend tik is. Een aand en dan is jy verslaaf. Hoor wat ek vir julle sê!!!! Ek weet. Al sê wie ook WAT vir jou. Een keer is EEN KEER te veel!  Sommer die volgende dag het ek weer gevat en van toe af was dit 'n jaar en 'n half van hel.

Ek het eers genoeg geld gehad om my habit te support.  Die dealers gee mos vir jou sommer 2 keer so veel vir 'n lae prys. Natuurlik , net om jou verslaaf te maak, want as jy eers verslaaf is, dan het hulle jou net waar hulle jou wil hê. En natuurlik as jy eers verslaaf is, doen jy enigiets vir geld. Al wat in jou lewe bestaan is 2 goed, 'n manier om geld te kry en natuurlik  om dwelms in die hande te kry. Ek het eers begin deur om na house parties toe te gaan en as almal lekker dronk is, het ek begin rondkyk en goed begin steel om na die dealer te vat in ruil vir dwelms. Soms ook sommer van my vriende. En die ergste van alles is dat ek nie eers sleg gevoel het as ek gesteel het nie.Ek het inteendeel goed gevoel, want ek het geweet ek gaan my fix kry. Jy is in 'n ander mindset.  'n Criminal mindset.  Jy is die selfsugstigste persoon wat 'n mens kry. Later het ek so paranoid geraak dat ek nie meer na house parties toe kon gaan nie. Reg volgende plan. Eers net dit. 'n Dwelmverslaafde is 'n meester manipuleerder. As hy iets wil hê,  dan kry hy dit. Ek belowe jou! En wat is makliker as om jou ouers te manipuleer.  Ek het toe vir my ma-hulle begin geld vra en as hulle nie vir my wil gee nie, het ek hulle so sleg laat voel dat hulle op die ou einde tog maar vir my geld gegee het.

Toe my ma-hulle nie meer kon gee nie, het ek my ma se bankkaart begin steel en geld gaan trek vir dwelms.  Dit was die geld waarvoor my ma so hard gewerk het.  Haar geld. En dan gaan trek ek dit vir dwelms. Maar dink julle ek het geworry.  Glad nie glad nie. Toe my ma-hulle my uitvang, het ek maar net weereens vir hulle gelieg. Maar toe vat dinge 'n helse draai en ek begin self dwelms te "deal" -  onder my sogenaamde vriende. Begin vir dealers met my pa se kar groot hoeveelhede tik aanry - net vir 'n hit.  As die polisie my daardie tyd moes aftrek, sou ek vandag nog in die tronk gesit het.  Maar ek het regtig geen emosie of geen gevoel in my gehad nie. Geen. Ek het later so baie tik begin rook dat ek alle verhoudings met my ware vriende verloor het en so ook met my ouers en broer.

En toe vang my pa-hulle my een aand waar ek in my bed lê , uitgepass  van hopeloos te veel tik rook.  My ma en pa was stukkend.  Hulle kon dit nie glo nie.  Nie hulle kind nie.  Hy was dan altyd so voorbeeldig en goed gemanierd. So, moenie dink dit kan nie met jou of jou kinders gebeur nie, want dit kan.  Niemand is gevrywaar van dwelms nie - dit maak nie saak wie of wat jy is, of waarvandaan jy kom nie. Jy kan so gou soos in 'n halfuur verslaaf raak aan dwelms, veral aan tik. Nadat my pa-hulle my gekry het, was  vir drie dae daarna  so swak, omdat ek nie 'n fix kon kry nie, dat ek nie eers uit die bed kon opstaan nie, omdat ek partykeer tot 10 dae lank niks geslaap het nie en tik onttrek al jou kragte uit jou uit. Ek het besef dat ek rock bottom getref het en hard.

Maar dis nie waar alles geëindig het nie. Ek het toe weer daarna gebruik en om 'n lang storie kort te maak is ek in 2006 rehab toe.

Nou almal weet dat rehab nie baie lekker is nie en veral om deur die withdrawal te gaan is glad nie lekker nie. Ek het baie in die eerste 4 maande van rehab af terug gehike huis toe, vanaf De Aar tot in die Kaap, net om weer te kom tik rook.  Later het dit net te erg geraak en ek het weer probeer weghardloop en die polisie het my gevang en so is ek toe tronk toe omdat ek 'n section 22 teen my gehad het, wat beteken dat as ek nie in die rehab is nie moet ek in die tronk wees. Ek was vir tien dae in die tronk en dis verskriklik erg, maar snaaks genoeg dis waar die keerpunt in my lewe gekom het. Ek het toe in die tronk my lewe vir die Here gegee en van daaraf het dit net beter begin gaan. Sonder Hom sou ek vandag of dood of nog in die tronk gewees het.

So vat my raad en sny die dwelmhel af voor dit jou tref, want as dit jou tref is dit hel. Wat ek probeer sê is dat ons almal vatbaar is vir dwelmverslaafheid. Maak nie saak wie jy is nie. Hou op dink dit kan nie met jou gebeur nie,  want dit kan. Praat met mense daaroor as jy verslaaf is. Dis nie 'n ding om oor skaam te wees, want  deur middel van skaam wees, verwoes jy jou lewe en die mense rondom jou se lewe.

Ek hoop my storie laat julle wakker skrik en julle laat besef dat dwelms 90% van die keer die oorsaak van misdaad is en as ons die bron van misdaad, wat dwelms is, kan verwoes sal ons so ook ons lieflike dorp Wellington van misdaad kan bevry. Dis 'n wen-wen situasie.

Waardeer wat jy het want jy weet nie wat jy het tot jy dit nie meer het nie. Stop dwelms asb. Jy is nie cool as jy dwelms gebruik nie. Jy's 'n freak!