• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

testimony0505Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy.

"Ek kan nog die draaipunt van my geloof onthou asof dit gister was. Ek het sopas my eerste R100 verdien en het daardie betrokke aand ‘n diens bygewoon.

Die prediker was ‘n sendeling wat kom praat het oor hulle werk en ek het besef dat ek net die een R100 noot gehad het. Ek sou of alles of niks moes gee vir die Here se werk. Op daardie oomblik het ek besluit om die hele bedrag te gee. Ek glo dat God my besluit geseën het en dit is die rede hoekom ek vandag so welgesteld is."

Toe hy klaarmaak was dit duidelik dat hy die gemeente diep geroer het met sy getuienis. Net toe hy egter gaan sit leun ‘n bejaarde dame in dieselfde ry banke as hy oor na hom sê: "Wonderlike getuienis, ek daag jou uit om dit weer te doen!"

Mens kan seker net dink wat toe gebeur het, maar eintlik is daar soveel situasies (daagliks) in ons lewens waar ons gekonfronteer word op dieselfde wyse. Nie dat ons noodwendig ‘n stelling maak nie, maar waar ons die keuse moet maak om God se wil te gehoorsaam. Baie jare gelede het Zelda eenkeer van werk verander en sy het geweet dat dit nie die regte besluit was in Sy wil nie, maar die geld was soveel beter en finansieël die moeite werd. Dit was egter die slegste tyd van haar hele loopbaan.

Vandag het ons al geleer dat vrede tussen man en vrou of tussen jou broer of sussie in Christus, ongeag die omstandighede een van die regmerke moet wees. Inteendeel, besluite in ons besigheid word deur die hele gesin geneem. Die probleem kom in dat as my eie wil nie uitverkoop is aan Vader nie, my persoonlike gevoelens my besluite sal beinvloed. Die teks van hand aan die ploeg slaan en omkyk en as die koringkorrel nie in die grond val is maar eenvoudig net ‘n verwysing daarna dat ons iewers op ‘n punt moet kom waar ons uitverkoop. Gelukkig vat die Here bankkrot en sterk boedels net so maklik.

As jy hierdie lees en daar is iewers die oortuiging, hoe sterk of hoe flou ook al, om reg te maak met Jesus en jy is nie seker wat om te doen nie, begin net iewers deur Hom die reg te gee in jou lewe.

Die Bybel sê as Hy by jou hart se deur kom staan en klop, jy maak oop en laat Hom in, dan kom hou Hy ‘n feesmaal by jou. Daar staan nie geskrywe dat jy eers alles moet polish, regpak en jouself moet afsloof vir ure voor die stoof en dalk iewers ‘n nota moet maak in jou dagboek vir ‘n geskikte tyd nie. Nee, net ‘n eenvoudige "Here ek moet oor begin, help my, ek gee boedel oor."

En los die res vir Hom.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

300 jaar in die kol

Atom Clock
Ek lees onder ons Interesting facts van ‘n cesium atoom wat oor die nege biljoen slae per sekonde slaan in ‘n atoom horlosie. Ek is eerstens bly en hoef nie daai horlosie te olie nie, wat nog meer op te wen. Uitmekaar haal is buite die kwessie. Dink…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

Kies die regte profiel

Base Jumping
Een aand op TV Nuus wys hulle ‘n brug in Amerika, amptelik die langste boogbrug in daardie land. Op hierdie brug het duisende mense saamgetrek om na 'n groepie mense te bekyk wat die sogenaamde "base jumping" doen. Nou die wat nie weet wat die "base…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Trek uit jou plakkies

plakkies01
‘n Spoggerige motor versnel met mening en ek verlustig my in die pêrre wat onder die motorkap uithaal en wys waartoe hulle in staat is. Sovêr as wat ek loop is die grasperke kurkdroog. “So what has this got to do with this story?” “Plenty, Boet,…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

25 Februarie 2008

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

050505

Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…