• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

peter-fischerMister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en proper omie.

Charles Young en Arno Brand was die stout manne, ek, nog 'n pip-squeak op daardie tydstip, het nog nie in die lewe ontwaak nie. Ek kon derhalwe ook geklassifiseer word as "gereserveerd". Arno was eintlik baie moedswillig. As hy eers by jou kantoor ingekom het en gevra het jy moes vir Mr Fischer bel, moes jy weet dat terwyl Uncle Peter uit was het hy (alweer) sy telefoon ge-booby-trap met 'n klapper.

So besluit Mr Fischer mos om oorsee te gaan vir 'n maand. Fout wat hy maak besluit hy dat Arno na sy voertuig moes kyk vir die periode. 'n Hele oggend lank word Arno geprep vir die oorhandiging van die motor. Hy mag nie aan die luidspreker verstellings raak nie, want Mr Fischer het 'n hele Saterdag gespandeer om die klankharmonie perfek in te stel. Hy mag nie meer as 90 km per uur ry nie, want die motor se enjin is ek-weet-nie-wat-nie. Hy mag nie dit nie en hy mag nie dat nie. Arno laat ook nie op hom wag met 'n ritmiese, Yes Mr Fischer.... Yes Mr Fischer, nie.

Mr Fischer het skaars sy kantoordeur toegetrek, of Arno is doenig in die motor. Klank word na sy smaak heringestel. Die motor se enjin word ge-rev en wie weet wat alles nie aan ons geopenbaar is nie.

Die hele maand wat Uncle Peter met sy stiff upper lip Engeland deurkruis het met sy gentleman maniere, is Arno besig om die teenoorgestelde komplimente aan sy motor te betoon op die Noordkaapse lang en reguit paaie. Alles presies soos Mr Fischer vir hom vertel het dit NIE gedoen moes word nie.

Met stoute oë, kom Arno by my kantoor ingestap. Hy vertel toe Mr Fischer sy motor na die maand weer in ontvangs neem en wil wegtrek, spin hy glads die motor onder in die parkeerarea! Die beste sê hy, was Mr Fischer se prim en proper gesigsuitdrukking!

Wanneer ons geestelik begin swaartrek en dit lyk asof ons probleme ons wil verswelg, dan is dit juis die tyd wat ons dieper in die Woord moet delf. Dis waar jou geloof gebou word, dis waar jy 'n teksvers raaklees wat die Here dan gebruik om jou  deur Sy Gees te bemoedig. Jy mag dalk nie lus wees om te bid nie, en glo my die Here verstaan dit ook en sal jou beslis nie daaroor verkwalik nie. Hy sal Homself weer laat vind. Maar laat jy toe om geestelik afgesny word van die Here, dan trek mens regtig swaar.

Kyk ook rondom jou vandag. Is daar dalk iemand wat vandag vir jou nodig het om vir hom of haar in te tree by die Here? Dalk net te bemoedig met 'n SMS of sommer net 'n "bytvas" oproepie?

Delf in die Woord, soek na die Here se lewende opbouende woorde, sodat jy ook jou geestelike enjin so 'n lekker spin kan gee.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Ek kom Sondag gou vir ‘n stort.

Storte201009
Ons was buite op de Brug (weermagopleidingsterrein net buite Bloemfontein) besig met basiese opleiding gedurende 1982. Iemand kry ‘n goeie idee dat ons moet gaan stort. Die storte was seker sowat 5 km van ons kampterrein. Almal word in hulle…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Die eerste stap

Stormyriver
Daar het 'n hewige storm losgebars en die mense van 'n afgeleë dorpie was afgesny van die res van die wereld omrede daar 'n rivier tussen die dorp en die res van die land was. Natuurlik was hierdie nie regtig iets nuut vir die inwoners van die…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Identiteitskrisis ?

manicure1210
Ek wonder hoeveel mense en miskien moet ek hier dalk net die mans inbring, het al op 'n stadium in sy lewe gewonder, waar pas hy in. ‘n Jaar of wat gelede het ek een aand myself die vraag afvra. Onbewustelik het Jonè (my jongste dogter) daardie aand…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Ek glo in God - dit maak van my ‘n Christen

Jesus_n_radikale_sprong
Mense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou? Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal,…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…