• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Base JumpingEen aand op TV Nuus wys hulle ‘n brug in Amerika, amptelik die langste boogbrug in daardie land. Op hierdie brug het duisende mense saamgetrek om na 'n groepie mense te bekyk wat die sogenaamde "base jumping" doen.

Nou die wat nie weet wat die "base jumping" (My verklaring van BASE: "Baie Aksie Stunning Einde") ding is nie, dit het letterlik ontstaan toe 'n paar Tarzans die moed bymekaar geskraap het om vanaf hoë geboue, die Eifeltoring, brûe en soortgelyke voorwerpe, te spring. Die enigste kruks was gewoonlik dat jy moes verseker jy maak jouself uit die spore voordat die polisie jou in hegtenis kon neem. Natuurlik was hierdie "base jumpers" 'n uiterse irritasie vir die polisie, nie gepraat van die verleentheid omdat hulle nie die testosteroon-mannetjies kon vastrek nie.

Nou goed, hierdie "base jumpers" het al redelik gesofistikeerd geraak deurdat hulle meer wetlik begin spring het en dis nou hier waar die brug weer inkom. Ek was verwonderd oor die mensemassa wat daar aanwesig was. Eerstens was daar die "pro's". Dis nou die manne met die ondervinding. Hulle het soms snaaks aangetrek en die meeste aandag probeer trek. Dan was daar ook die mense wat op hierdie dag moed bymekaar probeer skraap het om oor hierdie brugheining te spring, valskerm in die hand, net om sodra hulle genoeg spoed opgetel het (wat nodig was om die valskerm te laat ontplooi) die lootsvalskerm te los en te hoop hulle val hulself nie te pletter aan die onderkant nie.

Dan was daar mense, die meeste van hulle wat net hierdie sogenaamde malligheid "aanskou" het van 'n veilige afstand, maar beslis nie wou deelneem nie. Daar was egter van die eerste-keer-mense wat deur al die moeite gegaan het om valskerms aan hulle te gespe, instruksies te ontvang, en bo-op hierdie brug geklim het, die aftelling aangehoor het, MAAR toe die werklik hulle tref, summier besluit het; "Hierdie is nie vir my nie". Punt. Hulle kon nie oorreed word om te spring nie.

Wat was fout? Wel om eerlik te wees, in die eerste plek dink ek persoonlik dis “stupid”.  Dink ‘n bietjie daaraan : Jy spring by 'n brug af en eerstens hoop jy om te onthou om daardie valskermpie te los sodat die hoofvalskerm kan opgaan. Wat van as jy vries tussen êrens en nêrens? Jy lyk soos ‘n vlieënde glimlaggende “po-po” En die glimlag is nie omrede jy dit snaaks vind nie, NEE dis oor die “G-forces” wat jy trek oppad ondertoe. Jy lyk soos die Interflora-mannetjie wat huppel oor blommetjies met ‘n fakkel in een hand.

Komaan......

Verstaanbaar het sekere mense nie die moed om daardie stap te neem, daardie stap wat jou lewe sal verander vir die res van jou lewe, nie. Hier staan jy op bekende turf, maar binne die volgende tree of twee gaan daar soos in niks turf onder jou voete wees wat enigsins bekend gaan voel nie. Jy gaan 'n trap in geloof moet neem, jy moet dit vir jouself kan uitmaak of jy geloof het dat hierdie valskem gaan oopmaak. As jy jouself nie sovêr kan oortuig nie, is jy een van die duisende mense wat daar staan en toekyk.

Daar was 'n ander omie en tannie, wat redelik (en beide ingesluit) vol bravade en luiddrugtig was dat "AS HULLE 20 JAAR JONGER WAS", hulle dit definitief sou doen. En ek uiter die volgende kommentaar in my beste Amerikaanse aksent; "Yeah sure" . Grootmond (as jy my vra), want daar is nie druk op hulle om dit te doen nie. Maklik om te sê "as-ek-was".

Die ander manne wat reeds al hierdie “stap in geloof” ‘n paar maal herhaal het, en gemaklik begin raak het, het toertjies uithaal. Hulle doen bollemakiesies, flips-flaps en wie weet watter moeilike Afrikaansspelbare woorde nog nie!

Ek kon nie anders as om 'n geestelike konnektasie te maak nie.

1. So baie "gelowiges", die meeste van hulle egter nie bereid om regtig die Here te vertrou nie. Sien nie daarvoor kans nie (Die toeskouers)

2. Van die "as-ek-was" mense, vol grootpraat stories van hoe goeie kinders hulle van die Here is, maar die Here net wil ken as hulle Hom nodig het, maar as die Here uitgehelp en die omstandighede verbeter het, maar weer terugval op hulle ou weë.

3. Die mense wat weet wat die regte ding is om te doen, maar nie die guts het om die Here te vertrou nie. Mense wat die oortuiging gekry het, selfs die Here aangeneem het, maar nie bereid is om 'n pad saam met Hom te stap nie. Hierdie mense het egter nie nodig om op hulself te vertrou dat hulle die valskerm sal oopmaak nie, want sien, hulle is reeds aan Jesus se harnas vasgegespe en HY waarborg veiligheid. (nie iets van "success-or-your-money-back" nie. GEWAARBORG en mag ek bysê BEWYS en BEPROEF) Hierdie ouens smag na die lekkerte van hierdie sprong, maar kom nie sovêr om dit te doen nie.

4. Dan is daar die mense wat reeds die eerste sprong agter die rug het. Hulle haal nog nie truuks uit nie, hulle spring bloot op die basiese manier, land soms harderig daaronder, maar kom terug keer op keer vir ‘n volgende sprong.

5. Laastens is daar die hierdie ouens wat al gewoond is aan spring. Man, hulle spring tog te lekker en land altyd sag as hulle elke keer die "basics" toepas wat hulle geleer het. 'n Instrukteur staan altyd byderhand met raad en daad en wys hulle op potensiële foute sodat die ervaring nie ophou en die lekkerte nie verdwyn nie.

Beskryf een van hierdie kategorië jou dalk?

Hoe klink profiel 5 vir jou? Dis eintlik maklik, begin by die “basics”, gespe jou vas aan Jesus se harnas. Ek weet jy sal die sprong geniet.....en terugkom vir nog.....en nog.....en nog. (GEWAARBORG sonder die vrees van 'n "refund")

Johann


Artikels deur Johann de Jager

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

‘n Blokkie ys

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste…

Trek uit jou plakkies

plakkies01
‘n Spoggerige motor versnel met mening en ek verlustig my in die pêrre wat onder die motorkap uithaal en wys waartoe hulle in staat is. Sovêr as wat ek loop is die grasperke kurkdroog. “So what has this got to do with this story?” “Plenty, Boet,…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Die fluitende voëltjie

singing051109
My eerste kennismaking met my nuwe maatjie los my met 'n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Afleibaarheids sindroom

power_of_god
Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."? So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

Volg Hom

zebra1801
‘n Interressante feit uit ons wildrit was dat blesbokke nie wei met hulle koppe in die rigting van die son nie. Daar is ‘n vlieg wat in hulle neuse kan kom, eiertjies kan lê, wat die bokke nie teen die mure uitdryf nie, maar hulle die bosse kan…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…