• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie vir jou sê dis sulke tyd, dan hum-en-ha jy nie. Optimisties dog ek ek bel sommer gou vir 'n afsprakie. Hulle kan help, maar op daardie tydstip sal ek in Kaapstad wees. Hoekom almal hulle motors wil diens as myne aan die beurt kom, weet ek ook nie. In elkgeval, ek besluit om uit te wyk na omliggende handelaars en so kry ek 'n afspraak in Welkom (150km vêr). Die enigste probleem ek moet reeds daar wees om 7vm.

"Het ek jou gesê ek bel van Bloem af?" vra ek die mens aan die anderkant van die foon.

"Wil jy jou kar gediens hê?" sê-vra sy.

"Hoe laat sê jy moet ek daar wees?"

Ek het hulle teruggekry - ek het hulle ontvangsarea vir my as kantoor ingerig en die ander moes oor my klim om by die toonbank uit te kom. (Darem nou nie heeltemal so nie, maar dit klink ten minste snaaks nê?)

Laatmiddag vertrek ek en hier op 'n stadium so tussen die mielielande deur trek die volgende bordjie my aandag "Dis mos nou vir jou mielies" Ek grinnik by myself oor hierdie uitlating wat wie-ookal-watse-tipe-mielies daar geplant het, maak. As dit is hoe droeë dor verbleikte mielies moet lyk : "Good luck to them!"

Nie lank daarna nie steek 'n storm op soos dit net in die Vrystaat beleef kan word. Eers waai al die plase aan die linkerkant van die pad oor na die buurplase toe. (G'n wonder so baie plase is ook ingerig as gastehuise nie. Dis vir wanneer die bure oorwaai...)

Hoe verder ek ry hoe donkerder word dit. Nie lank daarna nie, begin dit reën, met swaar weerligblitse reg rondom my. Net so skielik soos dit begin reënt het, so skielik hou dit vir 'n oomblik op en dan, asof 'n gat in die donker wolke gebrand word, breek die son deur in die mooiste-mooi wat mens kan beskryf en die aarde daaronder word met 'n helder glansstraal verlig. 'n Verdere gaatjie brand oop in die donker wolk en vir 'n paar sekondes voel ek die sonlig teen my gesig. En dis so asof God vir my daardeur wil sê : "Ek weet van jou!"

Ek sien weer die verbleikte mielies se bordjie en dink by myself : "Dis mos nou vir jou 'n God"

Johann

Artikels deur Johann de Jager

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…

Trek uit jou plakkies

plakkies01
‘n Spoggerige motor versnel met mening en ek verlustig my in die pêrre wat onder die motorkap uithaal en wys waartoe hulle in staat is. Sovêr as wat ek loop is die grasperke kurkdroog. “So what has this got to do with this story?” “Plenty, Boet,…

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

25 Februarie 2008

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Lewe in Sy goedheid

image
Untitled Document “Het Pa gelees wat jy in vandag se stukkie gesit het? Zelka sit met haar rug na my in ons kantoor. Haar opmerking se trant kan ek nie lekker vasvat nie. My eerste reaksie bevat ‘n tikseltjie paniek; paniek dat ek iets ingesluit het…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

Blatante eerlikheid

blatant2708
Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie.…

Verkleurmannetjies

cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman,…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…