• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste blokkie ys al reeds so klein soos ‘n albaster en ja, met die koeldrank wat nog (steeds) warm is. Dan herhaal die proses hom en ek bestel ‘n aparte glas met ys.

Warm koeldrank met gas kan net nie lekker wees nie. Veral as mens dors is en jy wil die blikkie koeldrank aanpak met angstigheid om jou dors te les kom jy soos ‘n stoomtrein tot stilstand geruk wanneer daardie gas na die eerste paar slukke rebelleer en stroomop hulle pad terugvind na die bron van oorsprong. Agterna sit jy daar met trane in jou oë en kieste wat opgeblaas was. Soms ook met ‘n rooi gesig (van skaamte) as die borreltjies jou onkant betrap het en luidkeels hulle vryheid aankondig (en die hele restaurant raak vir ‘n oomblik stil…) Ai-jai-jai!

Weet jy die Heilige Gees is ook soos ‘n blokkies ys in ons geestelike lewens. Die aantal ysblokkies wat ek byvoeg bepaal hoe koud my koeldrank gaan wees. Maar ysblokkies smelt en jy moet dit gedurig byvoeg.  Lateraan word die koeldrank ook so verdun dat dit flou word en waterig begin proe. As jy aanhou-dend ysblokkies gaan byvoeg sal daar naderhand geen koel-drank meer oor wees nie, net verfrissende koue water.

As daardie ysblokkie begin smelt en koeldrank word warm word jou hart verhard, raak ‘n mens negatief, vrees kom sit vlak langs jou en kom pak al sy bagasie af, jy maak jou eie besluite sonder om die Here daarin te ken, jou afhanklikheid van God neem af. (hoeveel nog meer?) Die oorsake daarvan is uiteen-lopend. Dit gaan so goed finansieël met jou dat jy dink jy het  God nie nodig nie, jy werk jouself oor ‘n mik en brand uit, jy verslap jou gebedslewe vir ‘n paar dae (wat later weke en maande word). Dalk word mens vasgevang in sonde waaroor jy aanvanklik baie sleg voel, maar soos die koeldrank warmer raak, neem die skuldgevoel ook af.

Die slegste hiervan is dat jy dit nie dadelik besef nie. Wanneer al hierdie goedjies jou eendag,  wanneer jy teen die planke is, gelyktydig aangluur, besef jy eers hoe hard jy van die wa afgeval het.

Die terugkeer is nie altyd maklik en so eenvoudig nie. Dalk het jy nog hier langs die pad gesaai en die oes moet nog opkom, dalk moet jy so vêr op jou spore terugloop om reg te maak met mense. Dalk is jy so verlam deur jou omstandighede (of sonde) dat jy nie kan insien hoe groot en almagtig God is om jou hieruit te help nie.

Paulus bemoedig ons dat ons wakker moet wees, kennis moet neem wat rondom ons gebeur, altyd in voeling moet bly, alle gedagtes moet ontleed en onmiddelik daarmee moet handel as dit negatief is. Ons moet heeltyd ons geestelike lewens monitor. Gedurig vir die Here toelaat om ons te vernuwe. Permanent ons geestelike wapens moet dra (uitleef).

Waar begin ‘n mens? Erken, bely, ontvang vergifnis en laat toe dat die Here die pad na herstel begin, dag vir dag.

Wees geseënd!

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

050505

Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Die kat op die bed

catonbed2210
Daar is 'n een definitiewe reël waarvan ek nie afwyk op 'n bed nie. Dit is eenvoudig en nie moeilik om na te kom nie. Dit ontlok ongelukkig sonder uitsondering, sou so 'n situasie ontstaan, altyd simpatie (en daardie simpatie kom nie van my af nie).…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

Blatante eerlikheid

blatant2708
Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie.…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…