
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas dames is genooi.
Asof dit nie erg genoeg is nie, lyk sy gras dieselfde soos dit jare gelede geadverteer is deur Rolux Magnum grassnyers. As jy dit nie kan onthou nie, in kort; Livingstone het sy pad deur Afrika oopgekloof met daardie grassnyer...

‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een meter wat jy moet rek om nie in die water te trap om in te klim nie.
Vir my beteken dit egter dat ek lyk soos ‘n oorgewig ballerina wat Swan Lake vertolk as ek in die motor probeer klim.
Die rek-en-trap is stap 1. Stap 2 behels dat ek dan moet...

Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak opraap en hoog spring. Hulle het nege lewens. Katte land altyd op hulle voete.
Maar die grootste nadeel van katte is dat hulle nie ‘n trurat het nie. Hulle kan nie reverse nie. Hulle kan die hoogste bome bestyg, dakke beklim, maar om duistere redes, nie...

Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig...
Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..."
Behoede jou as jy begin wonder en jouself later laat glo hier’s probleme, want as jy eers op hulle bladsy is, gaan die irritasie van daardie advertensie op die webblad niks in teenstelling wees met wat voorlê nie. Om weg te kom sal wees soos om krieket te probeer...