• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

anger2304Dis normaal om kwaad te word, maar onbeheerste woede kan jou duur te staan kom. Toe Nabal weier om kos aan hom en sy soldate te gee, wou koning Dawid moord pleeg. Abigajil, Nabal se vrou, het Dawid van sy eie onbesonnenheid gered. Dawid het haar later bedank, '..."Geseënd is jy vir jou wyse optrede wat my verhinder het om bloed te vergiet..."' (1 Samuel 25:33).

Ons woede spruit dikwels uit trots. Naaman, die melaatse, het hom vererg toe Elisa hom beveel het om sewe maal in die modderige Jordaanrivier te gaan bad. 'Maar Naaman het baie kwaad weggegaan en gesê: "Ek het gedink hy sal uitkom en my ontmoet! Ek het verwag dat hy sy hand oor die melaatsheid sou waai en die Naam van die Here sy God aanroep en so vir my gesond maak!"' (2 Konings 5:11).

'n Amerikaanse koerant het berig oor ene Steve Tran van Kalifornië wat in 'n poging om sy kokkerotplaag uit te roei, 25 gifkannetjies in die woonstel opgestel het. Toe die sproei egter die liggie van die stoof tref, het dit 'n geweldige ontploffing veroorsaak. Al sy vensters is uitgeruk en die meubels het aan die brand geslaan. 'Ek wou die kokkerotte uitroei en het gedink as ek baie meer gif gebruik, hulle langer sou wegbly,' het hy verduidelik.

Die instruksies op die etiket dui aan dat slegs twee kannetjies genoeg sou wees om sy probleem op te los. Die ontploffing het meer as $10 000 se skade aangerig. En die kokkerotte?, 'Teen die Sondag het ek hulle weer sien rondloop', het Tran vertel. Ja, 'iemand wat kort van draad is, doen dom dinge'.

Bron : Radiokansel