• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

jericho1605Dink jy dat jy jou geveg nie kan wen nie? Op wie vertrou jy? God of jouself? Toe hulle teen die gesamentlike magte van Ammon, Moab en die Seïrberge moes veg, het God aan die Israeliete gesê, '...die oorlog is nie julle s'n nie, maar God s'n...' (2 Kronieke 20:15 NLV). God het nog nooit 'n geveg verloor nie! Hy het aan Josua gesê, '..."Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate...' (Joshua 6:2 NLV). Let op, Hy het nie gesê, 'Ek sal...' of 'Ek mag dalk.' Nee, Hy sê, '...Ek gee jou beheer oor Jerigo!...' Israel het reeds die oorwinning behaal, hulle moes dit net deurvoer. Die vraag was, hoe? God se antwoord '...'n harde kreet...'

Josua het aan die Israeliete gesê, '...Sodra... die priesters 'n... sein... gee, moet almal 'n harde kreet gee. Die stad se muur sal... inmekaarstort. Die manskappe kan [dan] ...die stad in... gaan.' (Josua 6:5 NLV). Geen regdenkende mens sal verwag dat enige kreet die mure van 'n groot stad sal laat tuimel nie. Hierdie was egter nie 'n gewone kreet nie, dit was 'n geloofskreet.

Al het oorwinning onmoontlik gelyk, het God op Israel se kreet gereageer deur die mure te laat val en die deure van die Beloofde Land te ontsluit. Die laaste ding wat jy wil doen wanneer jy na 'n oop deur soek, maar net mure sien, is om 'oorwinning' te skree. Dis egter wat jy móét doen, want:

1) die kreet van lofprysing lei na oorwinning;

2) dit bevestig jou geloof;

3) dit verwar die vyand, en voorkom wanhoop en twyfel;

4) gehoorsaamheid lewer altyd resultate.

Dus, skree! Die oorwinning is joune!

Bron : Radiokansel