• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

JailIn antieke tye het die Romeinse leër die oorwinning van hul veldslae gevier deur die verslane vyand in kettings deur die strate te paradeer. As deel van die vieringe het hulle wierook op altare in die stad gebrand, wat die lug met 'n aangename geur gevul het. So kon diegene wat nie die verrigtinge kon bywoon nie, weet dat die veldslag gewen is, want hulle kon die musiek hoor en die wierook ruik. Die geur het simbolies van oorwinning geword. Paulus sê: "Ek is dankbaar teenoor God wat ons... altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek." (2 Kor 2:14 NLV) Vergeet van Esteé Lauder en Chanel No. 5! Jou lewe moet so deurdrenk wees van God se teenwoordigheid dat mense die aangename geur kan ruik. Watter beter bewys dat Jesus leef, en in Sy kinders leef!

In Florida is daar 'n pragtige katedraal met asemrowende loodglasvensters wat die storie van Christus se lewe uitbeeld. Maar die waarheid is dat God nie regtig kerkvensters nodig het om Sy storie te vertel nie - hy doen dit deur op-en-wakker Christene! Daar word gesê dat hoe langer 'n man en vrou saamlewe, hoe meer begin hulle na mekaar lyk, soos mekaar praat en optree. Dit geld ook vir ons. Hoe meer ons oor Jesus dink, met Hom praat, sy Woord lees en in Sy teenwoordigheid vertoef, hoe meer sal mense wil weet: "Wat is daardie parfuum wat jy dra?"

Kopiereg 2009 Radiokansel