• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageGroot take het dikwels 'n manier om ons te oorweldig. Mense wat oorweldig is, kry dit selde reg om iets te doen.
Vra vir God om jou te help en pas die volgende beginsels toe:
(1) Fokus op die taak. Die geheim agter sukses is om elke aksie te laat tel - wees doelgerig. Hierdie tipe fokus help jou om sonder enige spyt te lewe want dit rig jou en maak die meeste van jou talente en jou geleenthede. As jy weet wat jou talent is, en jy is aktief en vol energie, maar jy sien nie resultate nie, dan is jou probleem waarskynlik 'n tekort aan fokus.
(2) Prioritiseer. Wanneer ons nie ons take volgens belangrikheid prioritiseer nie, begin die take om hulself volgens dringendheid te rangskik. Wanneer dringendheid in plaas van belangrikheid jou dryf, verloor jy jou skerpheid. In plaas daarvan om jou talent te aktiveer, beroof dit jou van die beste geleenthede waarin jy juis jou talente kon gebruik.
(3) Deel dit in volgorde in. Stel vir jouself 'n rooster op, skep sperdatums en hou daarby! Die grootste leuen wat ons gewoonlik aan onsself vertel, is: "Ek sal dit later doen."
(4) Deel dit in volgens jou vermoëns. Wanneer jy 'n groot taak in kleiner takies indeel, begin jy verstaan watter tipe mense jy nodig het om jou te help om die werk gedoen te kry. Die belangrikste stap wat jy moet neem wanneer jy iets groot wil vermag, is om te bepaal wie jy in jou span wil hê. Jesus het vir drie en 'n half jaar lank twaalf mans onderrig voordat Hy verantwoordelikhede aan hulle uitgedeel het. En die werk is gedoen!
(5) Vermag dit deur spanwerk! Selfs wanneer jy 'n taak in kleiner segmente opbreek, dit strategies beplan en talentvolle mense aanstel, gaan jy steeds 'n laaste element nodig hê om dit te laat werk. Spanwerk! Spanwerk is die gom wat alles bymekaar kan laat kom.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)