• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageEen van die grootste lesse van my ganse lewe het ek by ‘n kerklike kongres geleer wat ek jare gelede bygewoon het.

‘n Klompie belangrike sprekers het ons toegespreek oor nuwe manier van kerkwees. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom en my egter skoongeboul: “Ag meneer, ek het net een gawe by God ontvang, en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir mense tee met die liefde van die Heer.”

Daar op die plek het ek geweet dat ek in die teenwoordigheid van een van die grootstes in die koninkryk van God staan. Nee, dit was toe nie al die beroemde sprekers daar binne in die konferensiesaal wat met die louere weggestap het nie, maar hierdie liefdevolle tannie met die teekoppies in haar hand! Sy was die grootste want sy het ons almal met die liefde van die Here gedien. Sy was agter in die ry. Daarom dat sy toe al die tyd eerste was. Ek wil so graag meer soos daardie tannie wees! Stephan Joubert (ekerk.co.za)