• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
daniel

Die maklike, lekker resepte in hierdie boek maak van gesond leef kinderspeletjies. Die Daniël-plan Kookboek, gebaseer op Die Daniël-plan deur Rick Warren, Daniel Amen en Mark Hyman, is ’n pragtige kleurvolle kookboek met meer as 100 heerlike, Daniël-plan goedgekeurde resepte om gesonde kookkuns in jou kombuis in te bring.

Saam met die outeurs van Die Daniël-plan bied die Daniël-plan-sjefs aptytwekkende, uitnodigende, kleurvolle en eenvoudig heerlike disse wat ’n mens met vriende en familie kan...

Read more: Die Daniël-plan Kookboek

jy kan

God roep nie bekwame mense nie, Hy bekwaam die mense wat Hy roep. In Jy kan ʼn verskil maak kom sê Stephan Joubert vir elkeen: Dis nie so moeilik om ʼn dissipel van Jesus te wees nie.

Skud af daardie vooropgestelde idees wat jy het oor vir die Here “werk” en gaan lééf vir Hom. Stephan Joubert kyk in hierdie boek na die dinge wat mense terughou terwyl dit eintlik binne hul vermoë is om ’n verskil te maak in ander se lewens.

Bekendes soos Lindie Strydom, Liesel Krause- Wiid en Tom Smith deel hul...

Read more: Jy kan 'n verskil maak

wenplan

Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun.

Jannie Putter kyk in Wenplan vir jou kind se lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos “Wie is jy?”, “Hoe bou ek my kind se selfbeeld?”, en “Hoe tug ek my kind?”

Hy gebruik grafiese voorstellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikelblokke wat hulle moet hanteer. Jannie wys ouers dat...

Read more: Wenplan vir jou kind se lewe

waarom

Daar is deesdae soveel Bybelvertalings – ook in Afrikaans – dat gelowiges tereg kan vra: Hoekom is daar soveel vertalings? Watter vertaling is rég? Waarom soveel Bybelvertalings? help lesers verstaan waarom Bybelvertalings verskil. Jan van der Watt vertel die verhaal agter die Bybel:

  • dat die Bybel oorspronklik in Grieks en Hebreeus geskryf is;
  • watter faktore in ag geneem moet word by die omskakeling uit die oorspronklike taal; en
  • hoekom Bybels verskil.

Boonop word dit toegelig met...

Read more: Waarom soveel bybelvertalings

joy2

Joy for Your Heart is a beautiful, full-color book by popular women’s author Milanie Vosloo. This charming book is brimming over with moments every woman should cherish in her life.

Each of the 20 gatherings of guidance, wisdom and grace is beautifully complemented by a prayer and key thought, and will remind every woman of the delightful pleasures of being a woman.

Through the pages of this book women will have their hearts refreshed and their souls rejuvenated as they discover the special...

Read more: Joy for Your Heart

nick2

Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ...

Maar sy boodskap is dat jy dit kán oorkom, want geen boelie kan vir jou sê wié jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard.

Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om:

die feit dat hulle geboelie...

Read more: Staan jou man