• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Waarom lyk“Dit was so bestem.” “God het dit met ’n doel toegelaat.” Vir die ontelbare mense wat al diep seergekry het, bied hierdie clichés lankal nie meer ’n troos nie, sê Adrio König. In God, waarom lyk die wêreld so? help hy lesers om God se almag, goedheid en liefde te verstaan te midde van al die “waaroms” om ons.

Die boek kyk na vrae wat Christene gewoonlik te bang is om hardop te vra, soos: “Hoe moet ons verstaan dat God in beheer is as die wêreld só lyk?”

Die eerste hoofstuk bevat ook verskeie ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het. Dit bied ’n agtergrond waarteen die res van die boek gelees kan word. God, waarom lyk die wêreld so? sal vir lesers lig bring te midde van groot seer en verwarring. ( Lees meer )