• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

voetpadGod wil hê sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees. Stap dan die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde. Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees. Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges  weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef, dat daar  altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei. Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou voetpad na vrede hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van sy liefde en genade-arm om hulle. ( Lees meer )