• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

HartsgesprekkeWat sou mense soos Nelson Mandela, Jean de Villiers en Riaan Cruywagen vir jou sê as jy so ’n bietjie saam met hulle kon sit en gesels?

In Hartsgesprekke met ... gee Marius du Plooy vir elke le-ser die geleentheid om self te kom luister en die raad, lewens-wyshede en inspirasie van hierdie en ander baanbrekers saam te neem op hul eie pad. Die boek bevat onderhoude met 28 sakeleiers, sportlui, kunstenaars en ander bekendes soos Natalie du Toit, Brand Pretorius, Regardt van den Bergh, Carike Keuzenkamp en Elvis Blue.

Hartsgesprekke met ... voer lesers mee op ’n opwin-dende reis om die mense agter die name te ontmoet. Leer ken die hart van hierdie groot geeste en kyk met ’n nuwe oog na hul verhale, want dit is hier waar wysheid oorgedra word.

Hartsgesprekke met ... is nie ’n lys prestasies en bewyse van verwesenlike drome nie – dis die saamkom van harde werk, vermeng met ’n goeie dosis struikelblokke, wat uitloop op mense wat hul passie vir Christus by elke geleentheid wil uitdra.

Met hierdie versamelstuk kan lesers waarlik agteroor sit en dit sal voel of hulle saam om die koffietafel sit en stories uitruil. Die boek sluit af met ’n spesiale “onderhoud” met Jesus en word stylvol afgerond met pragtige swart-en-wit foto’s. (Lees meer)