• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Openbaring ontsluitHoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring bete­ken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?"

Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgen­de aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybel­boek:

Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?

Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?

Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?

Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Open­baring teen hierdie agtergrond.

Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n ver­staanbare uitleg van Openbaring wil hê. (Lees meer)