• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
God se beskerming tydens 'n motorbotsing
Ek wil graag getuig van 'n groot wonderwerk wat God in my lewe laat gebeur het. Ek was op die 23ste Maart 2009 in 'n groot motorongeluk betrokke. Dit het vir my en almal rondom my baie geruk. Dit is 'n wonderwerk en genade van God dat ek die ongeluk oorleef het om hierdie getuienis te kan skryf. Alle eer hierin kom alleen toe aan God. Op Sondagaand (22 Maart) is die passiespele in ons kerk aangebied. Ek wou dit baie graag bywoon en het toe spesiaal huis toe gekom die dag om my pa...

Read more: God se beskerming tydens 'n motorbotsing

Rugbyspeler kan weer loop ná gebed
BETHLEHEM. - Nadat hy 'n ernstige rugbesering in 'n rugbywedstryd opgedoen het, kon Ruan Joubert (18) nie sy bene voel of loop nie. Maar volgens hom is hy danksy die krag van gebed nou weer op die been. Volksblad het gister met dié leerling van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem gesels. Nadat sy ma en 'n inwoner van Bethlehem vir hom gebid het, kon Ruan weer loop. Witteberg het Saterdag teen die Goudveld-Hoërskool van Welkom op Bethlehem kragte gemeet. Ruan het as binnesenter en...

Read more: Rugbyspeler kan weer loop ná gebed

‘Jesus het my teruggebring'
GREYTOWN. - "Ek is deur Jesus van die randjie van die dood teruggebring." Foto Brendan Croft Só het die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-konferensie aan 'n skare van tienduisende gesê oor die dramatiese vorige dag toe hy twee maal inmekaargesak het. 'n Klaarblyklik brose Buchan het gister om 09:30 op die verhoog verskyn met sy hande, die een met 'n Bybel daarin, seëvierend in die lug. Die skare het ritmies begin roep: "Jesus! Jesus...

Read more: ‘Jesus het my teruggebring'

Seun gou beter 'danksy gebede'
JOHANNESBURG. - Die 10-jarige seun van Kestell wat Dinsdag in Potchefstroom ernstig in 'n rugbywedstryd beseer is, se toestand het "te danke aan gebede" drasties verbeter. Die familie van Willem Jacobs van 'n plaas in Aberfeldy, Kestell, en leerling aan die Laerskool Truida Kestell op Bethlehem, meen sy spoedige verbetering is "te danke aan ketting-gebede oor die land heen". Willem het aan 'n laerskole-rugbytoernooi by die Laerskool President Pretorius deelgeneem, waar hy in 'n wedstryd in 'n...

Read more: Seun gou beter 'danksy gebede'