• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

britz2710Foto: Liza HnatoviczPRETORIA. – Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, se geloof is nou sterker as ooit.

“My geloof is nou nie net in my kop nie, ek het meer sekerheid dat God my liefhet,” het Brittz op die bekendstelling van haar nuwe boek Kweek dissipline met deernis in Pretoria gesê.

Brittz en haar man is twee jaar gelede in hul huis in Centurion deur gewapende rowers oorval. Sy is verkrag.

“Voor die voorval het ek gevoel ons het nie geloofstoetse nie, ons het dit net te maklik.” Volgens haar het die voorval hulle gehelp om hulle met mense wat deur soortgelyke ervarings is, te vereenselwig.

“Ons het die geleentheid om mense wat sukkel, te help en hulle te wys dat God nie witbroodjies het nie.”

Brittz, ’n gekwalifiseerde spraakterapeut, se nuutste boek is die derde in ’n reeks wat opvoedkundige raad aan ouers gee.

“Dit is ’n praktiese dissipline-boek wat ouers help om dissiplinne sinvol toe te pas en bevat ook raad oor hoe om boelies te hanteer.”

Haar boek Vreesloos Vry is ook onlangs uitgereik. In dié boek lewer sy getuienis oor waardeur sy met die verkragting is en gee basiese riglyne vir mense met soortgelyke ervarings om vry te kan leef.

Louis het ook sy nuutste CD, Psalms 2, bekend gestel. Dit is ’n toonsetting van verskeie Psalms uit die Bybel.

(Bron : http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Brittz-se-geloof-sterker-as-ooit-20121026)