• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Bronte1807Foto: Charl DevenishDAG vir dag. Só gaan Bronté Vorster (17), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, en haar ma, Antigone (40), die lewe aanpak nadat hulle ses dae gelede alles wat hulle besit in ’n brand verloor het.

Antigone, ’n administrasie-beampte van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eenheid vir studente met gestremdhede, wat gister ontslaan is, was gister nog nie regtig gereed om oor die ontbering te praat nie. Nie nadat sy byna haar kosbaarste besitting – haar dogter – in die brand verloor het nie.

Esmarie Cronjé, hospitaalwoordvoerder, sê Bronté moet nog ’n paar dae vir observasie agterbly.

Bronté het egter ’n getuienis gehad om te vertel, al kon sy gister nog nie saam met haar klasmaats agter die skoolbanke inskuif nie.

Die borrelende meisie sê die Here het haar lewe gered. Terwyl hulle op die boonste verdieping buite hul woonstel by die Soete Inval-woonstelblok magteloos toegekyk het hoe alles wat hulle het tot niet gaan, kon hulle niemand kry om hulle te help nie.

Die rooi brandslang wou nie werk nie. Hulle het vergeefs aan die opsigter en bure se deure gehamer. Clarina Vorster (18), ’n vriendin van Bronté wat by haar gekuier het, se selfoon wou ook nie dadelik werk nie.

“Ek kén die huis. Ek wou my selfoon kry om te bel vir hulp.”

Haar ma het paniekbevange agter haar aangehardloop, maar moes noodgedwonge in die digte rook weer uit die woonstel vlug.

Bronté sê sy besef die genade dat hulle die voorval oorleef het.

Sy het op die plek waar talle mense al versmoor het – op die drumpel van hul voordeur – haar bewussyn verloor.

“Ek het skielik gevoel ek verdwaal. Ek het daar gelê, toe ek voel: Steek net jou hand uit. Toe voel ek die koue plaveisel buite die deur. Dit was defintief die Here.”

Sy vertel sy het gevoel hoe iets haar met krag by die deur “uitgooi” en sy weer asem kry.

Bronté is hartseer oor haar duur kitaar en haar ma se ou boeke wat in die slag gebly het.

“Die Here sal nie laat iets met jou gebeur as daar nie ’n doel is nie. Hy vat nie iets uit jou hand as hy nie iets terugsit nie.”

Albei is uiters dankbaar vir al die ondersteuning, veral dié van die Baptiste-kerk in Langenhovenpark, al hul vriende, die skoolhoof van Fichardtpark, Michael Barker, Rosepark-hospitaal en die UV.

Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Here-het-haar-van-vlamme-gered-se-meisie-20120716