• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

b30606f314bd4c81bcbd8628070a4b2eFoto: Bongiwe GumedeDie Zimbabwiese boer Henry Jackson mag op sy plaas aanbly.

Hy het dié boodskap verlede week in vreemde omstandighede gekry van ’n man wat gesê het hy werk in die president se kantoor.

Dit kom meer as twee maande nadat Jackson deur die plaaslike grondkommissaris en van sy medewerkers mondelings ingelig is dat hy die plaas buite Gweru binne drie maande moes verlaat.

Hy is gedreig dat as hy nie saamwerk nie, hy binne twee uur van die plaas verjaag sal word en nie eens die klere aan sy lyf sou kon saamneem nie.

Jackson het mense toe verstom met die kalm en selfs versoenende manier waarop hy gereageer het en al sy vertroue op God geplaas het om vir hom en sy gesin te sorg.

Hy het besluit om nie terug te veg nie, maar die saak in God se hande te laat.

Verlede maand het hy in ’n stadium op Facebook geskryf dat God vir hom en sy vrou, Amanda, sê om geduldig te wag, maar dat hy dit baie moeilik vind.

Aan die een kant het dit gevoel asof hulle in die lug hang en nie weet wat volgende gaan gebeur nie.

Aan die ander kant het dit gevoel asof hulle op engelevlerke gedra word.

Jackson het gesê terwyl hy verlede week deur die dorp gery het met ’n sleepwa met ’n vrag hooi agter hom, het ’n Mercedes-Benz vir hom getoet en ligte geflits.

Hy het nie die bestuurder herken nie, maar stilgehou.

Die man het gesê hy moet met Jackson oor sy plaas praat, maar hy was eers op pad na ’n vergadering toe.

Hy het sy foonnommer vir Jackson gegee en gevra dat Jackson hom later bel. Hy het dit gedoen en hulle het ’n afspraak gereël.

Daar het die man vir Jackson gesê hy hoef nie bang te wees nie. Sy plaas sal nie van hom weggeneem word nie.

Jackson wou weet wie die man is, maar kon nie veel meer uit hom kry as dat hy in die presidensie werk nie.

Hy het vir Jackson gesê hy het hom gevolg en dopgehou en hy weet dat Jackson nie ’n politieke man is nie.

Hy het geweet wat gebeur het toe die 20 mans vir Jackson kom sê het sy plaas word afgeneem, maar gesê daardie mans het nie op gesag van die president opgetree nie.

Hulle word daarvoor gestraf. Die man wat die ergste dreigemente teenoor Jackson geuiter het, is tronk toe gestuur, en die man wat die plaas sou oorneem ook.

“Jy is vry om aan te hou boer. Ons wil mense soos jy op die plase hê,” het die man vir Jackson gesê.

Daarmee was hul ontmoeting verby.

Jackson het gister gesê hy het niks op skrif dat hy op die plaas mag bly nie, maar van die begin af was daar ook niks op skrif dat hy die plaas moes verlaat nie.

Hy gaan nou weer voluit voort met sy boerdery.

Sy opsomming van die gebeure was dat die Here vir hom ’n pad oopgemaak het. Hy self het dit nie gedoen nie. Hy het nie geveg nie. Die Here het vir hom geveg.

- Volksblad