• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ferdi “DIE Here het nie net Ciara volkome genees nie, maar ook my, my vrou en ons as gesin se lewe vir altyd verander.”

Só het dr. Ferdi Wesso, die Cheetahs se spandokter, eergisteraand in sy getuienis op ’n dankseggingsdiens gesê nadat sy dogter, Ciara (1), volkome genees is nadat sy twee weke gelede byna in die gesin se swembad verdrink het.

Hy het getuig hoe hul wonderwerk Woensdagoggend voltooi is toe ’n pediater van die stad aan hom en sy vrou, Charlotte, gesê het hul kind is volkome genees.

“Ek het in verbasing gestaan toe die Here weer eens bewys dat Hy ons bo ons verwagtinge seën toe daar vir ons gesê is ons kind makeer niks.”

Terwyl Ciara in die gang van die kapel saam met haar broer, Caleb (4), gespeel het, het hul pa gesê hy kan nie net stilbly oor wat die Here die afgelope tyd in hul lewe gedoen het nie.

“Ek kan nie uitgepraat raak oor God se goedheid, guns en trou nie. Ek moet dit aan die wêreld uitbasuin. Hy lewe. Hy genees. Hy maak heel. En hy verander lewens.”

Wesso het mense in die diens aangemoedig om hul vertroue volkome in die Here te plaas.

Past. Dries Niewenhuys, wat ’n kort boodskap gelewer het, het gesê hulle het vir ’n wonderwerk gebid nog voordat die wonderwerk gebeur het.

Hy het verder gesê in al sy jare in die bediening het hy nog nooit só iets ondervind wat hy die afgelope twee weke gesien nie.

“Ná die wonderwerk verstaan ek beter dat God voorwaar liefde is.

“Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, het Ciara se lewe gered. Groter liefde is daar nie.”

Bron : Volksblad (Artikel : Kaydene Davids / Fotograaf : Conrad Bornman)