• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
roman-soldiers1608Sy dissipels het alles agtergelaat en Christus gevolg, al het hulle Hom nie begryp nie. Hulle het verwag dat die Messias 'n aardse koninkryk sou stig en die oorheersing van die Romeine omvêr sou gooi. Sy kruisiging het hulle heeltemal onkant betrap. So ook Sy opstanding. Hulle moes nou 'n boodskap verkondig wat hulle lewens sou kos. Jesus was soms vir hulle 'n raaisel: 'Toe die dissipels Hom so op die see sien loop, was hulle verskrik ...want hulle het gedink dis 'n spook.' (Matteus 14:26 NLV). Toe Hy na Sy opstanding saam met hulle geëet het, '[het] nie een ...dit gewaag om Hom te vra: "Wie is U?" nie. Hulle het net geweet dat dit die Here is.' (Johannes 21:12 NLV). Wanneer jy saam met God wandel gaan ook jou geloof beproef word.

Die eerste ding wat ons van God in die Skrif lees, is dat Hy beweeg (gesweef) het. As dit jou voorneme is om saam met God te beweeg, moet jy twee dinge oorkom. Eerstens, oorgerustheid. Wetenskaplikes het 'n amoeba (eensellige organisme) in 'n stresvrye omgewing geplaas. Die omstandighede was ideaal, maar die organisme is dood. Hoekom? Omdat verandering en uitdaging net so nodig is as voedsel en water. Oorgerustheid kan doodmaak! Tweedens, moenie aanhou kla nie. Die Israeliete het voortdurend gekla en die goedheid van God misken. Daarom dat hulle vir 40 jaar in die woestyn moes rondswerf: 'Al hierdie dinge het met hulle gebeur ...om ons te waarsku ...' (1 Korintiërs 10:11 NLV). Twee skoolkinders het hulle kospakkies oopgemaak. Een het begin kla, 'Al weer hamtoebroodjies? Ek is nou moeg daarvan!' Die maatjie het gesê, 'Hoekom vra jy nie jou mamma vir iets anders nie?' 'My mamma?' het die eerste kind geantwoord. 'Ek sal sommer sélf my broodjies maak. '

Beweeg sáám met God!

Bron: Radiokansel (Inhoud aangepas)