• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
12-08008Wayne Muller het gesê: "Omdat ons nie rus nie, raak ons die pad byster. Ons verkeer onder die indruk dat goeie dinge net na ons kant toe sal kom as ons naarstigtelik daarvoor werk... en dié gebrek aan rus stel ons lewens in gevaar."

Daar is twee soorte uitputting, wat verskil soos vlieswolkies van die donderwolke voor 'n groot storm. Die een is tydelik en normaal - soos wanneer jy 'n taak suksesvol afgehandel het. Nadat jy uitgerus het, is jy weer reg om aan te gaan. Die ander soort is 'n kroniese moegheid wat oor maande opbou en nie noodwendig in fisiese moegheid manifesteer nie. Dit word baie keer verdoesel onder 'n malle gejaag en kompulsiewe gedrag: (a) Jy kan nie rustig eet of 'n koppie koffie geniet nie. (b) Jy kan jouself nie van e-posse en boodskappe wegskeur nie. (c) Daar lê hope verslae en leeswerk langs jou bed wat jou 'op hoogte van sake' moet hou. (d) Om 'n dag se verlof in te sit, voel onmoontlik. (e) Jy werk vakansietye en neem nooit 'n breek nie. (f) Jy kan nie slaap nie. (g) Enige vrye tyd word spandeer op ontvlugtingsaktiwiteite soos eet, drink, geld uitgee of televisie kyk.

Maar terwyl jy so hard werk en belangrik lyk, is jy inderwaarheid besig om doof te raak vir God se stem. Hy verwag dat jy hard sal werk, maar nie ten koste van jou gesondheid, jou gesin of jou tyd saam met Hom nie. As jy jouself vandag in hierdie posisie bevind, sê Jesus vir jou: "Kom julle nou self eenkant toe... en skep 'n bietjie asem." Hou op waarmee jy besig is en spandeer 'n bietjie tyd saam met Hom

Bron : Radiokansel