• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Donovan BaileyToe die Kanadese naelloper, Donovan Baily, die 100 meter in 9.84 sekondes afgelê het, was hy amptelik die wêreld se vinnigste atleet. Maar omdat hy so gereeld gewen het, was dit vir Donovan moeite om die streng oefenprogram vol te hou. Toe die sportkommentators ná sy oorwinning weer na videomateriaal van die wedloop kyk, het hulle 'n interessante ontdekking gemaak: Donovan het nie één keer tydens die wedloop momemtum verloor nie. Hy was steeds besig om te versnel die oomblik toe hy die wenstreep oorgesteek het.
Jesaja sê: "Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die magteloses sterk." (Jes 40:29 NLV). Leef voluit tot die dag wat God jou huis toe roep! Luister na Kaleb: "Ek is vandag 'n man van 85... nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. Ek het steeds dieselfde krag as destyds. Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb Hebron gegee. omdat hy volkome op die Here. vertrou het" (Josua 14:10-14 NLV).
Alma Barkman, skrywer van geestelike literatuur, skryf: "Ek het reeds helfte van die wedloop voltooi. Voluit hardloop is nou buite die kwessie. Draf hou sekere risikos in. Selfs 'n vinnige stappie laat my na my asem snak. op hierdie stadium van die wedloop wil ek die lewe net geniet. Maar my Afrigter laat my nie toe om te verslap nie. Om ouer te word, beteken dat ek meer tyd het om te woeker met die gawes wat God aan my toevertrou het. In plaas daarvan om uit te sak, wil ek versnel wanneer ek die eindstreep oorsteek." Ouderdom is net 'n nommer, jou ingesteldheid bepaal die ywer en geesdrif waarmee jy enduit aanhou.
Bron : Radiokansel