• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

sting'n Seun en sy pa het op 'n heerlike lente-oggend in die platteland rondgery toe 'n by skielik by die motorvenster invlieg. Die seun was allergies vir bysteek en was angsbevange. Die pa het die by gegryp, in sy hand vasgedruk en laat gaan. Die seun het rasend van angs geword soos die by om hom rondgevlieg het. Die pa het sy hand uitgesteek, palm na bo. Daar in sy hand was die angel. 'Sien jy daar?' het hy gevra, 'Jy hoef nie meer bang te wees nie. Die by het mý in jou plek gesteek.'

As 'n gelowige, jy nie die dood hoef te vrees nie, want Christus is dood en het weer opgestaan. Die angel van die dood is verwyder. Dood is nie die einde nie, slegs die begin!

Job, wat die tragiese verlies van sewe seuns en drie dogters in 'n enkele dag beleef het, het gevra, 'Wanneer sterflikes sterf, kan hulle weer lewe?' (Job 14:14). Hy móés 'n antwoord kry! Ons almal moet weet. Vyf hoofstukke later het hy sy antwoord gekry: 'Maar ek, ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die aarde sal staan. Nadat my liggaam vergaan het, sal ek God sien! Ek sal Hom self sien. Ja, ek sal Hom sien met my eie oë. Dié gedagte oorweldig my!' (Job 19:25-27 NLV). Die Psalmdigter sê: 'Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.' (Psalm 17:15 NLV). Wees bly - Christus se opstanding verseker joune!

Bron Radiokansel