• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
heart'n Christen skrywer vertel, 'Ek was 'n tiener met baie vriende en het op skool goed gevaar. Voorkoms is egter bedrieglik. Op sewe het 'n buurman my gemolesteer. op agt het 'n beroerte my oupa neergevel. op tien het my pa ons verlaat om nooit terug te kom nie. my ouers is geskei. my wêreld het net versleg. Ek het Christus in my hart ingenooi, maar ek het steeds skuldig, vuil, teleurgesteld, bang, onwaardig en leeg gevoel. Ek het gesê, "God, as U nie my lewe regmaak nie, sal ek dit sélf doen." Ek het mense met my prestasies beïndruk, maar ek was leeg en seer. Ek het aan die versoeking toegegee. ek het saam met 'n ander eensame siel geslaap; twee mense op soek na volkomenheid op die verkeerde plekke... Die saadjies van skuld, skaamte en afsku het wortel geskiet.

Na jare. het ek besef dat Jesus in my hart was sedert die dag wat ek hom genooi het, en slegs Hý kon dit volkome vul. Ek is nou ouer. ek het geleer dat niks anders in hierdie wêreld die versugtinge van die hart kan stil nie, slegs Jesus. Moenie deur die wêreld se beloftes mislei word nie; glo die beloftes van God. Jy is Sý kind. Hy het jou lief en wil 'n persoonlike verhouding met jou hê, dit maak nie saak wát jy gedoen het nie.'

'n Lofsang-skrywer sê dat slegs Jesus tevrede kan stel; geen ander Naam vir my nie! Daar is liefde, en lewe en ewigdurende blydskap, Here Jesus net in U!

Bron : Radiokansel