• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
onourside0206Voel jy soms minderwaardig? Onthou die volgende:

"As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? ...Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het uit die dood, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit. Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding, of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?... Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie" (Rom 8:31-39 NLV).

Stel jou voor jy word so liefgehê - deur God! Maak nie saak hoe minderwaardig jy voel nie, jy kan nie die vloed van Sy liefde wat in jou rigting stroom, keer nie. Niks kan verander hoe Hy oor jou voel nie. Niks gaan Hom keer om jou te bly liefhê nie, maak nie saak wat jy doen of sê nie. Moet dit nie vergeet nie: God se liefde sal jou emosioneel genees, jou selfbeeld herstel en vir jou 'n fondament van eiewaarde en waardigheid gee.

Bron Radiokansel