• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
vase2805Op 'n dag het 'n seuntjie met 'n waardevolle vaas gespeel. Sy hand het daarin vasgesit en hy kon dit nie uitkry nie. As 'n laaste uitweg het sy pa hom gevra om rustig te bly, sy hand oop te maak en dit uit te trek. Tot hul verbasing sê die seuntjie toe hy kan dit nie kan doen nie, want as hy sy hand oopmaak sal hy sy muntstukkie verloor. Baie keer hou ons so styf vas aan iets van minder waarde, dat ons nie dít wat God aanbied, kan aanvaar nie! Laat dit gaan! Laat God toe om dinge op Sy manier te doen!

Loretta P. Burns skryf: "Net soos kinders hul stukkende speelgoed in trane na ons toe bring om reg te maak, het ek my stukkende drome vir God gegee, want Hy is my vriend. Maar in stede daarvan om Hom in vrede daaraan te laat werk, het ek die hele tyd ingemeng en probeer hand bysit. Mettertyd het ek dit teruggegryp en gevra: 'Hoekom werk U so stadig?' Hy het geantwoord: 'My kind, wat kon Ek doen. jy wou dit nooit laat gaan nie.'"

"Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veilige weiding. Wees bly in die Here en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou hom en Hy sal vir jou sorg" (Psalm 37:3-5 NLV).

Die woorde "vertrou" en "wees bly" is jou sleutels tot sukses. Hou op om alles alleen te probeer hanteer. God is nie oorweldig deur jou omstandighede nie. Glo jy regtig vir 'n oomblik dat jou probleme te groot is vir Hom om te behartig? Gee dit vir God en kyk wat gebeur!

Bron : Radiokansel