• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
mistakes1905Dit sou 'n fout wees om nie te vra watter foute jy maak nie. 'n Sekere leier het geskryf: "Ek het min nagedink oor wat verkeerd mag gaan, en aangeneem dat die regte pad foutloos sou wees. Ek het nie my foute aan myself of ander erken nie, en nie daaruit geleer nie. Ek het besef dat as ek 'n beter leier wou word, ek sou moes ophou om die fout te maak om nie te vra watter foute ek maak nie." Dit is nie die hoeveelheid foute wat jy maak wat belangrik is nie, maar wel die hoeveelheid kere wat jy dieselfde fout maak.

Erken jou foute. Hoekom doen ons dit nie? Trots weerhou ons daarvan. Onsekerheid: ons eiewaarde is gebaseer op ons prestasies. Hardnekkigheid: ons weier om 'n fout te erken en oor te begin. Hier is nuus vir jou: Mense ken reeds jou foute. Wanneer jy jou foute erken, is hulle verlig dat hulle kan ophou om voor te gee dat hulle nie daarvan geweet het nie.

Aanvaar foute as die prys vir vooruitgang. Leer om jou foute te sien as 'n gesonde, onafwendbare deel van die pad na sukses. Niks in die lewe is perfek nie - ongelukkig nie eers jy nie!

Leer uit jou foute. Wanneer jy ten alle koste probeer om foute te vermy, sal jy nooit leer nie en dieselfde foute oor en oor maak. Outeur William Saroyan het opgemerk: "Ons kry bitter min wysheid deur sukses. Leer uit die wetenskap. Daar is foute altyd die voorganger van deurbrake."

Bron : Radiokansel