• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
conditions1605Tronke in die Bybelse tyd was aaklige plekke, sonder selfs die geringste geriewe. Dit was in so 'n tronk waar: "...Paulus en Silas besig was om te bid en tot lof van God te sing. Skielik kom daar 'n groot aardbewing. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!" (Handelinge 16:25-26 NLV). Dit kan vir jou ook so gebeur. As jy wil sien hoedat die deure oopgaan en jou kettings breek, begin om God te loof 'ten spyte van'.

Die geheim daarvan om te kan uitstyg bo jou omstandighede, is om God met lofprysing te nader. "Geseënd is hulle wat U met vreugde dien." (Psalm 89:16 NLV). Lofprysing volg nie wanneer jy reeds in God se teenwoordigheid is nie; nee, dit skep die kanaal waardeur Hy jou lewe binnekom om jou te help.

Wanneer jy moedeloos voel, kom dit nie vir jou natuurlik om God te loof nie. Jy wil eerder op 'n hopie sit en wegkruip van alles en almal. Maar presies die teenoorgestelde moet gebeur!

God "...verkies dat die mense Hom só aanbid. In 'n hegte verhouding met die Gees en in waarheid." (Johannes 4:23-24 NLV). Dit gaan nie oor jou gevoel nie, maar wel oor jou geloof. Dit kom nie natuurlik nie, maar is iets wat jy kies om te doen. Of jy nou in die woestyn of in die Beloofde Land is, wanneer jy God begin loof, gebeur daar wonderlike dinge in jou lewe: soos jou lof opstyg, daal Sy seëninge op jou neer. Nehemia sê: "...die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees" (Nehemia 8:10 NLV). Lofprysing help om jou emosies te genees en negatiewe gedagtes te verdryf.

Bron Radiokansel (Bewoording aangepas)