• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
2globe_128Jy moet geduldig wag totdat God Sy plan met jou lewe aan jou bekend maak, sodat jy Sy visioen vir jou lewe kan vervul. Dit verg dat jy geduldig en tydsaam jou energie aan die ontdekking daarvan sal toewy; dat jy sal weet hoe om struikelblokke in jou pad te oorkom. Die Bybel sê: "Wanneer 'n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, word hulle koersloos" (Spreuke 29:18 NLV). Jou drome kan net bewaardheid word as jy droom. 'n Visie voorsien jou van rigting, motivering, kreatiwiteit en deursettingsvermoë. Daarsonder word jy passief, koersloos, verveeld en geneig om te wil opgee. God kan in 'n oogwink vir jou 'n visie gee, maar die vervulling daarvan sal 'n leeftyd se toewyding verg. Ons gaan oor die volgende paar dae kyk na sekere beginsels wat nodig is om jou visioene te vervul:

Visioene kom met struikelblokke en geleenthede! Nadat hy jare lank in Amerika gewoon het, het Raymond Dawson sy Engelse grootouers se landgoed geërf. Daar aangekom, het hy 'n vervalle plaashuis en lande vol klippe aangetref. Teleurgesteld, het hy besluit om vir 'n laaste keer oor die waardelose grond te stap voordat hy sou terugkeer Amerika toe. Toe hy in die verste hoek van die plaas opeens 'n stroompie water sien opborrel uit die grond, het hy ondersoek ingestel en 'n warmwaterbron ontdek. Vandag is hy die trotse eienaar van 'n winsgewende vakansie-oord, reg daar waar hy teleurstelling in die oë gestaar het! Wanneer jy vir God vra vir 'n visioen, gaan jy waarskynlik etlike verskuilde geleenthede kry om dit te vervul. God gaan dan toekyk hoe jy met toewyding en geduld die struikelblokke bestuur!

Bron : Radiokansel