• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
growing-older1304Paulus skryf: "...Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe" (2 Korintiërs 4:16 NLV). Daar is jou uiterlike: jou liggaam, reputasie en persoonlikheid. En dan is daar jou innerlike: jou karakter, gees en siel. Die uiterlike kan almal sien, maar die innerlike is onsigbaar. Die uiterlike kan beïnvloed word, maar die innerlike is altyd vry om te kies. Die uiterlike is verganklik; die innerlike is ewig. Of jy nou daarvan hou of nie, die uiterlike is besig om te vergaan. Vanaf vyf-en-twintigjarige ouderdom verloor jou bene hul kalsium en word swakker, jou vel verloor sy elastisiteit en begin plooi, en die ouderdomsvlekke maak hulle verskyning.

As jy eers oor dertig is, verloor jy daagliks duisende breinselle. Jou gewig begin verskuif na jou middelrif. Jy kan baklei soos jy wil, maar jy sal nie wen nie. Jy kan tyd en geld op jou uiterlike spandeer: oefening, diëte, kosmetiese chirurgie, skoonheidsbehandelings en nuwe klere, maar die waarheid bly staan: "Almal gaan na dieselfde plek. Hulle kom uit die stof en hulle word weer stof" (Prediker 3:20 NLV). Maar hier is wat belangrik is: Jy sal nooit ophou bestaan nie. Jou gees, die innerlike jy, is besig om in iets wonderbaarliks of aakligs te ontaard.

Daardie iets, is wat God sien wanneer Hy na jou kyk. Dit is wat vir Hom saakmaak. So, werk aan die innerlike jy!

Bron : Radiokansel