• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

soccerball170210Brian Dyson, voormalige vise-voorsitter van Coca-Cola, het 'n skool met die volgende woorde geopen: "Verbeel jou die lewe is 'n sport waarin jy vyf balle gelyk in die lug moet hou. Jy noem die vyf balle werk, gesin, gesondheid, vriende en geestelike lewe. Jy sal gou agterkom dat werk 'n rubberbal is. Laat val hom, en hy sal weer terugspring. Maar die ander vier balle is van glas. Laat val een van húlle, en dis vir altyd gekrap, beskadig of selfs gebreek, en sal nooit weer dieselfde wees nie. Jy moet dit verstaan en strewe na balans in jou lewe."

Baie van die mense na wie ons opkyk, se lewens is nie in balans nie. Hulle kan wonderlike kerke of maatskappye opbou, maar nie noodwendig verhoudings handhaaf nie. Salomo het geskryf: "...hulle het my die wingerde laat oppas. My eie wingerd kon ek nie versorg nie" (Hooglied 1:6 NLV). Pastore wat sterk familiebande preek, se kinders verkwalik hulle dikwels omdat hulle nooit hul pa se tyd of aandag kon kry nie en moes aanhoor: "Ons maak hierdie opoffering vir God en die bediening." Watter areas van jou lewe is uit balans? Maak seker, in jou strewe om die bal nie in jou werksarena te laat val nie, dat jy dit nie laat val in jou persoonlike lewe, waar dit juis van die meeste belang is nie. Die Bybel beaam dit: "Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. 'n Goeie leefstyl... jy God beter leer ken. As 'n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring... uithou en aanhou...volharding loop uit op 'n lewe naby God... uiteindelik... dat jy almal liefhet..." (2 Petrus 1:5-9 NLV).

Bron : Radiokansel