• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

child150210'Ek het jou geken voor tyd begin het. Ek weet hoeveel hare daar op jou kop is. Soos ouer, soos kind; jy is na My beeld geskape. Ek het planne vir jou. Ek het ook vir jou die talente gegee om daardie planne waar te maak, en wat Ek gee kan niemand wegneem nie. Maar moenie hierdie gawes afskeep nie; gebruik hulle daagliks. Wees verseker dat Ek 'n goeie werk in jou begin het en dit sal voltooi. Ek voltooi alles waarmee Ek begin.

My Woord oor jou staan vir altyd vas en my toewyding aan jou is oneindig. In hierdie lewe sal jy struikelblokke ken, maar wees gerus: Ek het satan beroof van sy mag om jou te beheer, en die wêreld van sy mag om jou te vernietig. Wanneer jy in die moeilikheid is, onthou dat Ek daar is om te help. Gee jou probleme vir My en Ek sal vir jou sorg. Wanneer jy bekommerd is, en moeg gespartel teen probleme, steun op My. Ek sal jou rots en jou skuiling wees, jou Verlosser en jou sterkte. Selfs al misluk jy soms, sal Ek jou nie verstoot nie, want Ek hou jou altyd vas. Maar wees versigtig: moenie die raad van ongelowige mense volg nie. Verheug jouself in My Woord en jy sal voorspoed ken soos 'n boom wat langs 'n rivier groei. Naskrif: Ek sal daarvan hou om van jou te hoor.'

"Ons leef uit die wete...dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, bly in God en God in hulle" (1 Johannes 4:16 NLV).

Bron : Radiokansel