• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

baby080210Jesus het gesê: "Ek sal ook die ewige lewe aan hulle gee, en hulle sal so nimmer as te nooit verlore gaan" (Johannes 10:28 NLV). As ouers verstaan ons dit goed. Wanneer ons kinders val, tel ons hulle op. Ons help hulle reg, maar verwerp hulle nie. Hulle is gebore met ons gene en sal daarmee sterf. God het dieselfde verhouding met ons. Wanneer ons glo, word ons 'God se kinders'. Hy verander ons stamboom, herdefinieer ons geestelike ouerskap en verseker sodoende ons verlossing. Hy merk ons met Sy Gees. "...is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk. Hierdie eiendomsteken is die Heilige Gees" (Efesiërs 1:13 NLV).

Max Lucado skryf: "Ek het 'n tydjie lank in 'n stofsuierfabriek gewerk, waar ons stofsuiers van voor tot agter aanmekaar gesit het. Die laaste stap in die proses was om die boks te verseël en uit te pos. Op hierdie punt is daar reeds baie tyd en geld in die masjien belê, en ons het dus moeite gedoen met die verpakking. Elke stofsuier is versigtig toegedraai, verpak, in 'n boks verseël, die bestemming opgestempel en hulle is vasgemaak binne-in die vervoertrok. Die stofsuiers was veilig. Net so sien God om na Sy mense. Hy merk en beskerm ons met Sy sterkste krag: Sy Gees. Hy trek vir ons 'n geestelike wapenrusting aan, omring ons met engele en kom woon self in ons." Daar is dus goeie nuus, want "in Hom is julle verseël vir 'n dag van verlossing" (Efesiërs 4:30 NLV).

Bron : Radiokansel