• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
feeling-rejected

Soms beteken die woord "nee" eenvoudig "nie nou nie, maar vra later weer". Moet dus nie dat verwerping jou stop nie. Dis net as jy mislukking as finaal sien dat jy uiteindelik 'n mislukking is. Jesus het meer verwerping as enigiemand wat ooit geleef het ervaar. "Hy het na Sy eiendom toe gekom, en tog het Sy eie mense Hom nie aanvaar nie." (NLV). Het hy opgegee? Nee, Hy het ander mense gaan soek wat Sy waarde geken het. Iemand het dit wat jy het, nodig; dis noodsaaklik vir hul sukses. Die meeste...

Read more: Moenie dat verwerping jou stop nie

pbp

Die lewe bestaan uit seisoene. As jy dit nie verstaan nie, sal jy gedurig gefrustreerd wees. Soms beleef jy 'n kort tydjie van intense groei, gevolg deur 'n langer tyd van stabilisering en toetsing. "Maar wat van my probleme?" vra jy dalk. Bid vir 'n wonderwerk, maar moenie teleurgesteld wees as jou antwoord deur geleidelike verandering kom nie. Jy is dalk gefrustreerd met hoe stadig jy vorder, maar God is nooit haastig nie. Hy het Moses 80 jaar lank voorberei, insluitende 40 jaar in die...

Read more: P B P G I N F W M Y

people-rushing

Markus teken aan: "Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en Sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: 'Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.'" Niemand het nog ooit 'n groter werk as Jesus gehad nie, en niemand was besiger nie. Maar Hy het die waarde van ontspanning geken. Hy het die balans tussen werk en rus verstaan, en dis hoekom Hy so baie in so 'n kort tydjie reggekry het. Hoe meer suksesvol jy is, hoe...

Read more: As jy gejaag het, moet jy rus

Debbie Russell

Debbie, 'n borrelende 37-jarige vrou wat vir The Word for You Today in Atlanta gewerk het, is na 'n kankerstryd oorlede. Mense van oral het vir haar genesing gebid. Die Here genees ons soms in antwoord op 'n geloofsgebed (Jak 5:14), en ander kere neem Hy ons hemel toe, wat Paulus as "verreweg die beste" beskryf (Fil. 1:23 NV). Hoekom? Ons weet nie, en God sê ook nie waarom nie. Paulus, wat die helfte van die Nuwe Testament geskryf het, het 'n bediening gehad wat wonderwerke ingesluit het en tog...

Read more: Debbie Russell