• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
jes43 1

God se Woord en beloftes staan vas. Hier is hoe Evert Potgieter, ’n leser uit Mosselbaai, God se getrouheid ’n paar dae gelede beleef het:

Evert: “Ek is reeds vir 21 jaar lank ’n finansiële adviseur. Ek werk op kommissiebasis en kry dus nie ’n vaste salaris aan die einde van die maand nie, wat soms veroorsaak dat my geloof getoets is. Al is ek ’n kind van God wat weet dat ek niks sonder Hom kan doen nie, is dit soms in die woestyntye moeilik om my oë op Hom te hou. Tog het hy my nog nooit...

Read more: God se getrouheid

writings

Beleef jy tans ’n “stiltyd” in jou verhouding met Hom?

In een van die grotte waarin Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die Duitsers weggekruip het, is hierdie woorde later teen ’n muur ontdek:

“Ek glo in die son al kom dit laat op;

Ek glo in liefde al is dit afwesig;

Ek glo in God al bly Hy stil.”

Vandag nog ervaar ons soms “stil oomblikke” in ons lewens. Ons bid vir rigting en leiding. Stilte. Ons bid vir ’n huweliksmaat. Stilte. Ons bid vir ’n werkpromosie. Stilte. Ons bid vir...

Read more: Dankbaar Vir Die Stil Tye

eyesurgery

John se sig het vinnig agteruit begin gaan. Sy huisdokter het hom na die enigste oogspesialis verwys wat hom dalk deur ’n peperduur operasie sou kon help. Dit was John se enigste hoop.

Nadat John al sy spaargeld gaan trek het, het hy die spesialis gaan spreek. Hy was bereid om al sy besittings prys te gee om sy oë te kon behou. Die spesialis het John deeglik ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat die duur operasie dringend uitgevoer sou moes word om te red wat te redde is. Die dokter se...

Read more: Dankbaar Vir Jesus

disrupting

Hierdie getuienis van ’n Kapenaar het my weereens die waarde van onvoorwaardelike liefde en aanvaarding laat besef:

Surina was elke dag laat vir skool. Soms het sy eers rondom 10:30 by die skool opgedaag. Haar huiswerk was meestal nie gedoen nie en in die klas was sy die een wat oproerigheid veroorsaak het. Die onderwysers het mettertyd begin moed verloor dat sy ooit sal verander. Ná nog ’n hewige oproerig in die klas, het die onderwysers saamgespan en die skoolhoof versoek om Surina uit die...

Read more: Onvoorwaardelike liefde