• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
fear

Frank Furedi het 'n toenemende beklemtoning van vrees in die media gedokumenteer deur te tel hoeveel keer die term 'at risk' in Britse koerante verskyn. In 1994 het die term 2 037 keer verskyn. Teen die einde van die volgende jaar het die getal verdubbel.

In die jaar 2 000, is 'at risk' meer as 18 000 keer gedruk. Het die wêreldgevaar dan in ses jaar negevoudig toegeneem? Of kry ons net slegte nuus vinniger, soos dit gebeur? 'Inligtingoorlading' het die mees gemedikeerde generasie gelewer wat...

Read more: Wie Se 'Verslag' Sal Jy Glo?

shark cage diving

Dit was vroeg in Desember in 2011. Ek was steeds betrokke by die oggendskof op Radio Tygerberg en van ons kollegas het daardie oggend in Gansbaai gaan Haaihokduik. Deur die loop van die skof moes ons hulle bel om te hoor wat hulle op die boot beleef. Op die ingewing van die oomblik het ons gereël dat ons twee kaartjies vir luisteraars kon weggee om ook in ’n latere stadium te gaan Haaihokduik.

Om in aanmerking vir dié gesogte prys te kon kom, moes luisteraars daardie oggend die korrekte...

Read more: God se voorsiening

20131028

In my dagboek by 25 September 2012 en 25 Oktober 2012 staan die volgende inskrywings: Begrafnis: Willem Jacobs en Begrafnis: Johan Herselman. Wees verseker dis nie kliniese dagboekinskrywings nie. Nee, dis groot hartseer vir twee pragtige weduwees met jongerige kinders. My hart is stukkend vir hierdie gesinne. Beide Willem en Johan was wonderlike manne vir hulle vrouens en fantastiese pa’s vir hulle kinders: ‘n voorbeeld vir elke man wat leef in 2012.

Met beide die paaie, reise en prosesse wat...

Read more: Die onverganklike.....

orkaan

In September 2008 het Orkaan Ike binne dertien dae deur Kuba, Haïti, die Dominikaanse Republiek en Amerika getrek. Die dodetal het op 195 gestaan en die skade is op $10 biljoen (sowat R100 biljoen) bereken. Van die gemeenskappe langs die kus in Texas is heeltemal deur die stormwinde en kragtige water uitgewis.

Die skade wat aangerig is, was skokkend. Twee van die foto’s hiervan het egter my aandag getrek. Een is van ’n kuslyn in Gilchrist, Texas. Al die huise langs die kuslyn is platgevee...

Read more: Om Vrede Te Beleef