• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
building01

Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het.

Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit kontant te bou, daarvandaan die neiging dat dit soms wil voorkom asof dit stilstaan.

Maar dis nie die bouwerk waaroor ek wil skryf nie, dis die advertensiebord voor die gebou. Die eerste keer wat ek dit raakgesien het was die bouery dalk ‘n maand of...

Read more: Die nuwe kerk

tired2501

Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender.

‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “ Attitude Determines Altitude”

My gesindheid en toepassing gaan bepaal of ek in die stof gaan rondskrop en of ek met arends vlerke gaan sweef.

Met die hittegolf tans in Bloemfontein lyk meeste van ons teen middagete meer soos platgetrapte...

Read more: Vlieg jy of skrop jy

zebra1801

‘n Interressante feit uit ons wildrit was dat blesbokke nie wei met hulle koppe in die rigting van die son nie. Daar is ‘n vlieg wat in hulle neuse kan kom, eiertjies kan lê, wat die bokke nie teen die mure uitdryf nie, maar hulle die bosse kan injaag...

Dalk weet jy dit ook, iets anders baie interessants was ‘n opmerking van die veldwagter dat jy altyd Zebras en Blouwildebeeste naby mekaar sal kry. Die rede is dat Blouwildebeeste nie goed kan hoor nie, maar goed kan sien, en die...

Read more: Volg Hom

dinosaurs2702

Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle.

Ek loop verby, maar die seuntjie roep my nader.

“Oom, kyk hier…”

Ek loop nader, en sien hy blaai deur ‘n boek van Dinosaurusse (dit het my 5 minute gevat om die woord reg te spel spel… in enige taal.)

“Wat se goggos kyk jy?” vra ek knielende langs hulle.

...

Read more: Dinosaurusse

Artikels deur Johann de Jager

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

Trek uit jou plakkies

plakkies01
‘n Spoggerige motor versnel met mening en ek verlustig my in die pêrre wat onder die motorkap uithaal en wys waartoe hulle in staat is. Sovêr as wat ek loop is die grasperke kurkdroog. “So what has this got to do with this story?” “Plenty, Boet,…

25 Februarie 2008

Default Image
Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Wat is die prys van een siel?

onesoul2808
Hoeveel moeite kan 'n mens maak vir een siel? Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus 'n afspraak met die man gehad. Ons is van ons…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Blatante eerlikheid

blatant2708
Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie.…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Biltong en blomme

Default Image
Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Dis maklik om te praat

desperate1510
Dit slaan diep binne my hart. Die pleidooi is soos growwe skuurpapier; jy voel dit oor jou hart se kamers beweeg. Die pyn lê vlak en my moed sink eintlik vêr na benede. Hoe sê jy vir iemand, "alles is OK" as dit nie is nie? Hoe bemoedig jy vir…