
Mense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou?
Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal, hulle kry die shakes, ritteltits, kap 'n depro ens).
Hoekom? - want hulle weet wat hulle lot gaan wees. Hulle het God se teenwoordigheid al beleef, hulle sien wat God doen elke dag. Die Duiwel is derhalwe ook gelowig!
Kan ek dan die vraag vra...
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek myself n paar dae kans gee. Wanneer ek dan teruggaan is dit asof mens met nuwe oë kyk na iets, jy beter kan skep en meer kreatief is. En aan die anderkant, soos mens maar jou programmatuur beter leer ken kan jy net nog meer skeppend word met tyd.
Wel...

‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker moes vir hom die nommer skakel want die knaap kon nie lees of skryf nie. Die apteker doen dit en oorhandig die spreekbuis aan die ongeskoolde jongman om te praat.
“Hello”, sê die jongman, “Hello, dr Anderson.”
“Dr Anderson . . . soek u nie dalk...

"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe"
Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe.
Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God en aan Jesus, maar ek wil nie 'n Christen wees nie, want Christene is meer van 'n pyn as 'n vreugde. Ek kan nie wat hulle Sondae bely en die res van die week toepas bymekaar uitbring nie."
"As dit is hoe Christene is, wil ek nooit een wees...