

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel dit is seker nê? Omrede jy nou soveel goedjies kan sien wat jy voorheen nie kon waarneem nie is seker deel van die fasinering. Ek het een keer die voorreg gehad om deur ‘n groot teleskoop na die maan te kyk. Nie die soort wat jy op jou stoep opslaan...

From : Is Jesus enough?
Angus Buchan

Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin.
Ek wonder of dit is hoe dit voel om ‘n “writers block” te beleef. As my Pa hier was sou hy gesê het ek tel “tanne”. Eintlik het ek soveel om te vertel, ek sukkel net in die begin, maar as ek nou so aangaan hoef ek dalk net af te sluit met goeie...