• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
gutenberg3010

‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi.

"Watter een was dit? Verneem die versamelaar

"'n Guten-iets bybel"

"Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar geskok.

"Ja dit was dit" antwoord die man.

"Jou onnosel!, dit was een van die eerste boeke ooit gedruk en dit is omtrent R5 miljoen werd!" gil die versamelaar

"Ag nee wat - ek dink nie regtig so nie, dit was in elkgeval orals bekrap met ‘n pen...

Read more: ‘n Nuwe hart

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories;

I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from the inside. To be successful, we must want to do it. Others may certainly help to encourage or to "pump us up," but, in the end, we will usually succeed only if we have the desire. Read the full story

Johann

power_of_god

Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."?

So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek met jou wil deel, is, wel, seker een van my "maniertjies" wat ek "bevestig" (erken klink te pynlik) ek mee sukkel. Sodra Zelda hierdie lees sal dit waarskynlik haar toontjie laat krul van plesier, derhalwe stuur ek sommer ook vir haar ‘n boodskap...

Read more: Afleibaarheids sindroom

vacation

Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net ‘n dag voor die tyd uit te vind, dit is toe nie ‘n vakansiedag nie...

Ongelukkig het ek vandag uitgevind Maandag is nie ‘n vakansiedag nie. Ek het eintlik al twee weke gelede begin regmaak vir ‘n dubbele langnaweek en myself emosioneel daarvoor...

Read more: Verlore vakansiedag

Artikels deur Johann de Jager

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Afleibaarheids sindroom

power_of_god
Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."? So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Biltong en blomme

Default Image
Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Dis maklik om te praat

desperate1510
Dit slaan diep binne my hart. Die pleidooi is soos growwe skuurpapier; jy voel dit oor jou hart se kamers beweeg. Die pyn lê vlak en my moed sink eintlik vêr na benede. Hoe sê jy vir iemand, "alles is OK" as dit nie is nie? Hoe bemoedig jy vir…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…