• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?"

Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud kon gebruik het in gesprekke met haar maats. Dit laat my weer besef hoeveel geleenthede is daar vir evangelisasie of sommer net wysheid in 'n wêreld wat in elkgeval kop onderstebo bedryf word. Ja, evangelisasie neem baie vorme aan. Eintlik is elkeen...

Read more: 3 sekonde reël

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons webwerf.

Tans in ou JohnBoy se lewe is die Here regtig besig om die beginsel van totale afhanklikheid in Hom te vestig. Hieroor sal ek ook nog eendag ook vir jou skrywe. (Sjoe, smaak my ons gaan skryf dat die ink gaan opdroog…)

Ons het ‘n mooi klompie...

Read more: 25 Februarie 2008

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in…

Met een sentrale tema; “Is alles oraait?”

Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se belangstelling en betrokkenheid. Ek vermoed ons het langs die pad ‘n bietjie vasgebrand en al was ons net vir ‘n paar dae weg, kom ons met nuwe moed terug en dit voel vir my asof my gees weer asem geskep het.

Is dit darem maar nie snaaks hoe vinnig...

Read more: Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

Artikels deur Johann de Jager

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Die eerste stap

Stormyriver
Daar het 'n hewige storm losgebars en die mense van 'n afgeleë dorpie was afgesny van die res van die wereld omrede daar 'n rivier tussen die dorp en die res van die land was. Natuurlik was hierdie nie regtig iets nuut vir die inwoners van die…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Wat regtig iets beteken in die lewe

Default Image
Hierdie volgende gedeelte kom uit die inspirational story; Seattle Special Olympics. What truly matters in this life is helping others win, even if it means slowing down and changing our course. Ry vandag net in die verkeer en neem waar hoe ons op…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707
Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem. Hierdie helder rooi-pienk…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…