• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

gutenberg3010‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi.

"Watter een was dit? Verneem die versamelaar

"'n Guten-iets bybel"

"Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar geskok.

"Ja dit was dit" antwoord die man.

"Jou onnosel!, dit was een van die eerste boeke ooit gedruk en dit is omtrent R5 miljoen werd!" gil die versamelaar

"Ag nee wat - ek dink nie regtig so nie, dit was in elkgeval orals bekrap met ‘n pen deur ‘n ene Martin Luther"

Wel ek dink die versamelaar sou waarskynlik ‘n hartaanval gekry het na daardie antwoord.

Baie keer hanteer ons die waarhede van die Bybel net so. Ons lees daardeur, maar begryp nie die omvang of die impak daarvan nie.

"God sal aan al julle behoeftes ryklik voorsien"

"Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie wêreld"

"Doen aan ‘n ander wat jy aan jouself gedoen wil hê"

"Wat jy saai, sal jy oes"

"Moenie jou hand aan die ploeg slaan en omkyk nie"

"As die koring korrel nie in die grond van en sterf nie, sal dit nie kan lewe nie"

"As Ek vir die mossies sorg, hoeveel te meer sal ek vir jou sorg"

"Die krag wat die Here uitoefen in ons lewe is kragtig"

Ek wed jou jy het reeds voorheen al hierdie teksverse raakgelees?

Hoekom sukkel ons dan soms om in die volheid daarvan te leef? Ek sluit myself hierby in. Weet jy, dis omrede ons nie doen wat daar staan nie. Die begeerte om in hierdie waarheid te leef ontbreek. Daar ontbreek iets in ons lewens.

Ons tel ‘n probleem op en ons "sort" dit self uit. "No problem".

"Poof!" - problem solved. Next?

My bekommer oor my gesondheid? Nee wat, ek voel "fine", bring daai vet tjops nader.

Weet jy wanneer maak ons die Here deel van ons lewe? Wanneer al jou plannetjies opraak en jy opeindig met 43c in jou rekening en soos in niemand wil jou help nie.

Wanneer jy baas jou vertel, hulle "retrench" ongelukkig ‘n klomp mense en jy is deel van hulle. Jou man of vrou besluit hy/sy het genoeg gehad en hulle pak hulle goedjies. Die dokter jou in kennis stel, daar is medies gesproke nie meer iets wat hulle vir jou kan doen nie.

Elke dag lees ons ons bybel en doen selfs ‘n gebed. Elke Sondag is ons getrou op ons pos in die kerk.

Dit wat ontbreek op hierdie stadium is beslis nie meer geloof nie. Wat ontbreek is die innerlike behoefte, die smagting na Jesus in jou lewe.

Vader gebruik ons omstandighede waarin ons onsself gedompel het om aan ons hart se deure te kom klop. Hy is so bereid om te help. Hy's so ontsettend lief vir ons. Hy smag na ons oorgawe aan Hom.

Maar ons het nodig om ‘n gesindheid, ‘n hart te hê wat smag na Hom.

‘n Hart wat belei en erken; "Here, ek is niks sonder U in my lewe nie. Ek kan nie sonder U lewe nie, ek wil nie sonder U lewe nie. Ek wil nie hierdie dag ingaan sonder U nie. Ek wil U elke oomblik van hierdie dag deel van my lewe maak."

Hoe voel jou hart op hierdie oomblik?


Johann

Artikels deur Johann de Jager

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Lewenslesse

skaal1208
Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer. ‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra. Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie. Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel. As die kat…

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Dis maklik om te praat

desperate1510
Dit slaan diep binne my hart. Die pleidooi is soos growwe skuurpapier; jy voel dit oor jou hart se kamers beweeg. Die pyn lê vlak en my moed sink eintlik vêr na benede. Hoe sê jy vir iemand, "alles is OK" as dit nie is nie? Hoe bemoedig jy vir…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707
Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem. Hierdie helder rooi-pienk…

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…