• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

power_of_godHet jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."?

So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek met jou wil deel, is, wel, seker een van my "maniertjies" wat ek "bevestig" (erken klink te pynlik) ek mee sukkel. Sodra Zelda hierdie lees sal dit waarskynlik haar toontjie laat krul van plesier, derhalwe stuur ek sommer ook vir haar ‘n boodskap langs hierdie weg; "Môre is dit dalk jou beurt...."

Die saak staan so en ek wil dit nie eintlik erken nie, maar ek lei waarskynlik aan ‘n tipe van ‘n afleibaarheid sindroom. Nie so erg dat ek medisyne te hoef neem nie. (Jy kom seker agter ek back paddle effens om die werklikheid ‘n bietjie sagter te maak?), maar dalk genoeg om die diegene rondom my soms in my werksopset erg te kan frusteer.

Ai tog, ek sal bv ‘n oproep moet maak, of iets voorberei, of soek, of gou skep, net om ‘n uur later agter te kom, dat ek so vêr afgedwaal het dat ek reeds 14 ander goed gedoen het. Ons oudste, Zelka, sien ek hanteer hierdie eintlik al baie goed. Sy sal langs my sit terwyl ons iets sou bespreek en ek sal iets gou moet oproep op my rekenaar. Dan, terwyl ek verby Outlook gaan, sal my oog ‘n e-pos vang en voor ek my kom kry is ek al weer besig om dit beantwoord. Dan sal Zelka net sê, "Fokus Pa"

Dit is gewoonlik heel genoeg om my aandag weer in lyn te kry. Nou moet ek darem net ter verdediging sê, ‘n paar keer al het ek verniet raas gekry want dit waar ek kwansuis my konsentrasie langs die pad verloor en begin dwaal het, was eintlik al die tyd presies wat ek gesoek het...

Dis amper soos ‘n speelgoed mandjie. Jy weet presies waarna jy soek of moet soek, maar soos jy dieper in die mandjie ingaan en deur die items soek, pop iets uit wat jou aandag aftrek en jy begin met dit speel. Soms gebeur dit dat jy nooit eers uitkom by jou aanvanklike item wat jy gesoek het nie.

Ongelukkig gebeur dit elke dag met Christene ook. Daar is soveel goed wat hulle aandag aflei in ons verhouding met Jesus dat as ons weer sien, is die Here nie meer die prioriteit in ons lewe nie. As jy dalk vandag kan identifiseer dat jy weke, dalk maande laas ‘n liefde in jou hart ervaar het vir Jesus, wil ek jou regtig bemoedig om dalk net jouself weer tot Sy beskikking te stel. Vir Vader te vra om weer die Geestelike fynhout aan die brand te steek en elke dag meer en meer hout op te gooi sodat jy weer jou passie vir die Here kan terugkry. Ek wil jou bemoedig om uit die modder uit te klim, gryp die tou wat Jesus na jou uitgooi, hou net vas, Hy sal jou daar uitkry.

Weet jy hoe geweldig groot is die krag wat God tot jou beskikking stel? Ef 1:18,19 sê "Ek bid dat Hy julle geestesoë so sal verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van Sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan Sy regterkant laat sit het..."

Dieselfde krag wat Jesus, die Seun van God, uit die dood opgewek het, is dieselfde krag wat Hy in ons uitoefen. Besef jy hoe geweldig dit is?

Laat Hom toe om jou lewe opnuut aan te raak sodat jy hoop en ‘n toekoms kan hê deur Hom vir wie alles moontlik is en wat jou nie sal teleurstel nie.

Blessings vir die week.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707
Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem. Hierdie helder rooi-pienk…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Lewenslesse

skaal1208
Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer. ‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra. Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie. Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel. As die kat…