• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

onesoul2808
Hoeveel moeite kan 'n mens maak vir een siel?  Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus 'n afspraak met die man gehad. Ons is van ons "stand af".

Dit bring my toe by my vraag, "Wat is die prys van een siel?" So baie keer probeer mens mos die massas beweeg. Kyk maar in kerke. Duisende sit daar in die banke en as die net een of twee reageer na 'n uitnodiging (uit die "potensiële" honderde) om sy lewe reg te maak is dit half teleurstellend...

Zelda antwoord my toe; "Jesus aan die kruis"

Dalk het jy al menigmaal uitgereik na mense of baie moeite gedoen en voel jy dalk mismoedig, resultate opgeweeg teenoor jou moeite, balanseer nie.

Ons kan nie 'n prys opsit op een siel nie, dis nie met geld en moeite koopbaar nie, maar met die bloed van Jesus.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Die groter prentjie

googleEarth1008
As jy al vantevore op die internet gekyk het na Google Earth of selfs Google se Street View funksie, dan sou jy seker soos ek ook verbaas gestaan het oor wat die sagteware jou alles bied. Eweskielik is die hele wêreld binne bereik vanuit jou…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Biltong en blomme

Default Image
Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…