• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

170108Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie het dit my laat dink.

Ek het nou nie regtig dieselfde gevoel gekry nie, eerstens want ek is nie ‘n skilpad nie, tweedens; ek sal nie in ‘n skilpad dop pas nie, en met 'n vorige maaggriep wat effe chaos in Bloem gesaai het, kry ek tans net ook nie gevoeltes nie, net dringende “seine”. Dis ongelukkig net nie lekker gespasieer nie, dis binne sekondes. So asof jy ‘n spoedkaartjie, dagvaardiging en die balju met een klop aan die deur ontvang. “Nou wat maak jy in so ‘n geval” vra iemand my nou die dag, toe hy hoor van my dilemma.

“Mater” sê ek vir hom. “Ken jy daai gevoel wanneer jy in ‘n motor wil wegtrek en die enjin wil vrek en hy ruk ruk met ‘n gehoes en geproes en almal se koppe skud ritmies saam so asof Pa, Ma en die kiddies begin RAVE?” Hy begin lag; “Nou, sit ‘n V8 in daai motor en gooi nog ‘n “back-fire” ook iewers in, dan weet jy hoe ek voel…”

Maar nou ja, daar gaan my verbeelding oor die gevoel van ‘n prentjie se reg of verkeerd.

Wat hierdie tekenprent eintlik so van toepassing maak is dat ons eintlik tog so baie dieselfde beginsel in ons alledaagse lewe kan deurtrek. En dit maak nie saak of jy ‘n “happy clappy” of ‘n “stoere boer” is nie. Die Woord kom en sê, Jesus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Dit voel soms vir my of ons dieselfde beginsel toepas as die man wat daarop aangedring het dat hy die baas is in die huis. Hy besluit wanneer hy onder die bed sal uitkom…

As Jesus ons vrygemaak het, dan lê die keuse by ons of ons dit vat en ons lewe daarvolgens inrig om as verlostes te leef. Daar is hordes voorbeelde, maar kom ek lig net een ding uit; lewe jy positief of negatief? Is jou gedagtegang daarop gefokus om positief of negatief te reageer in situasies?

Weet jy, ‘n mens draai dit ook nie sommer net om en word wakker daarmee een oggend nie. Jy moet jou denke en lewensuitkyke doelbewus aanspreek en onder die beheer van die Gees inbring, stuk vir stuk. Kort voor lank sal jy agterkom dat jy fyn ingestel is en dadelik agterkom as jy negatief begin dink. Negatiewe denke kring baie wyer uit as wat jy dink, dit raak die mense rondom jou en beinvloed jou eie lewensgehalte. Dis dan ook 'n lekker trap wat die Satan gebruik om te steel...

Wees jy dan eerder vandag vir die mense rondom jou ‘n bron van positiwiteit en lewe in oorwinning.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707
Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem. Hierdie helder rooi-pienk…

Die kat op die bed

catonbed2210
Daar is 'n een definitiewe reël waarvan ek nie afwyk op 'n bed nie. Dit is eenvoudig en nie moeilik om na te kom nie. Dit ontlok ongelukkig sonder uitsondering, sou so 'n situasie ontstaan, altyd simpatie (en daardie simpatie kom nie van my af nie).…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Is Jesus enough?

We need the anointing of God in our lives if we are to be effective salty Christians in a dying world. So many believers operate like history teachers. We know the Word of God, we memorize Scriptures, we know the stories in the Bible, but there is…

Ek kom Sondag gou vir ‘n stort.

Storte201009
Ons was buite op de Brug (weermagopleidingsterrein net buite Bloemfontein) besig met basiese opleiding gedurende 1982. Iemand kry ‘n goeie idee dat ons moet gaan stort. Die storte was seker sowat 5 km van ons kampterrein. Almal word in hulle…

Wat regtig iets beteken in die lewe

Default Image
Hierdie volgende gedeelte kom uit die inspirational story; Seattle Special Olympics. What truly matters in this life is helping others win, even if it means slowing down and changing our course. Ry vandag net in die verkeer en neem waar hoe ons op…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…

Identiteitskrisis ?

manicure1210
Ek wonder hoeveel mense en miskien moet ek hier dalk net die mans inbring, het al op 'n stadium in sy lewe gewonder, waar pas hy in. ‘n Jaar of wat gelede het ek een aand myself die vraag afvra. Onbewustelik het Jonè (my jongste dogter) daardie aand…